
Group Editors Community News
February 17, 2025 at 02:22 PM
Die Aberdeen Full-Service School is uiters trots op die ses atlete wat aan die Sarah Baartman-distrik se atletiekbyeenkoms in Gqeberha deelgeneem het. Tydens die byeenkoms het Johannes Lewies o. 10 ‘n goue medalje verower deur eerste plek in die 80 m te behaal. Hy het ook ‘n bronsmedalje in verspring verower. Heriano Johnson o. 12 het ‘n silwermedalje vir die 100 m ontvang, terwyl Jose Beyers o. 12 ‘n bronsmedalje vir hoogspring ontvang het.
https://www.graaffreinetadvertiser.com/News/Article/Local-News/full-service-school-trots-op-atlete-202502170728