Nuusweek
February 19, 2025 at 09:41 AM
FOPNUUS: 'n Video word wyd op sosiale media versprei van 'n pad wat ineenstort. In die video word beweer dat dit in Hartbeespoort gebeur het. Neem kennis dat hierdie video nié in Suid-Afrika geneem is nie, maar in China.
Die Nasionale Seereddinginstituut se Arthur Crewe sê hulle het reeds honderde oproepe ontvang oor die "ineenstorting van die pad in Hartbeespoort." Hy het beaam dat dit fopnuus is, en vra dat mense dit nie versprei nie omdat dit paniek saai.
😂
😮
2