Rustenburg Traffic/ Verkeer
Rustenburg Traffic/ Verkeer
February 19, 2025 at 03:10 PM
‼️⚠ ERNSTIGE VLOEDWAARSKUWING ⚠‼️ Gebiede langs die Krokodilrivier, en laagliggende gebiede Wes tot Noordwes van Thabazimbi. 19 Februarie 16:00 Maak asseblief gereed vir grootskaalse oorstromings. Die meeste paaie is reeds onbegaanbaar en die situasie versleg vinnig. Moet asb nie deur water ry wat oor die pad gaan nie, strome word maklik onderskat. 🔴 BELANGRIK: Indien jy enige paaie ken wat reeds gesluit is, deel asseblief dié inligting met pin-ligging sodat noodreddingsoperasies doeltreffender gereël kan word. 🔹 Beweeg na hoër grond. 🔹 Pak jou noodsakke en wees gereed vir moontlike ontruiming. 🔹 Maak seker jy weet watter paaie nog veilig is en watter nie. 🔹 Kyk waar die 2000-vloedlyn was en beplan moontlik daarom – ons weet nie presies hoeveel water op pad is nie. 🚨 Situasie versleg vinnig: • Vanoggend is ’n kind weggesleur en reddingspanne moes mense van dakke af haal. • Nóg n persoon is weg —‘n voertuig is meegesleur. Die persoon was op die dak, maar die kar is nou weg. • Reddingspanne moes reeds mense uit bome haal. 💧 Huidige damvlakke en vloei: • HBP: 102% – 14 sluise oop (182 kumek), invloei 208 kumek • RDK: 95.26% – 12 sluise oop (284 kumek) • KV: 105.47% – 40.7 kumek (1.6 RDK sluise) • VK: 112.47% – 170 kumek (7 RDK sluise) ⚠ Bly waaksaam. Moenie risiko’s neem nie. Help mekaar. Deel hierdie boodskap so wyd moontlik. Matlabas Groete
❤️ 1

Comments