
⭐ LoWaro_Recruitment Shared Vacancies ⭐
June 10, 2025 at 05:09 AM
Cape
FINANSIËLE BEAMPTE
Die bogenoemde voldag vakature is tans beskikbaar.
Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir die boekhouding en algemene administrasie van die fasiliteit.
Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Bestuurder rapporteer.
Sleutel Verantwoordelikhede:
• Gerekenariseerde boekhouding tot proefbalans (Pastel)
• Statutêre betalings en indiening van opgawes
• Debiteure administrasie
• Opstel van begrotings
• Opstel van maandverslae
• Administrasie van personeelinligting en salarisse
• Finansiële en administratiewe pligte
Vereistes:
• Graad 12 met 'n toepaslike tersiêre kwalifikasie
• Toepaslike werkservaring met betrekking tot die vakature
• Rekenaarvaardigheid in Pastel en MS Office pakket
• Vertroulike hantering van inligting
• Uitstekende geskrewe en mondelinge kommunikasievaardighede
• Goed ontwikkelde emosionele intelligensie
• Passie om betrokke te wees by dienslewering aan ouer persone
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Om aansoek te doen, stuur u volledige CV na [email protected] teen 09 Junie 2025.
Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum van die pos gekontak word nie, kan u u aansoek as onsuksesvol beskou.
Rusoord TeHuis, Devinestraat 4, Paarl.
Follow the ⭐ LoWaro_Recruitment Shared Vacancies ⭐ channel on WhatsApp: https://whatsapp.com/channel/0029VaQDPRK9MF8yDuwOu942
