
♻️ VF Plus | Kempton Park | Updates
May 19, 2025 at 02:01 PM
‼️ *ONTEIENING SONDER VERGOEDING - NUL KAN 'N VORM VAN VERGOEDING WEES VOLGENS DEMOKRATIESE ALLIANSIE MINISTER!*
> _Die Onteieningswet *KAN NIE* reggepraat word nie. ’n Politieke party wat glo dat *NUL* vergoeding vir jou eiendom geregverdig is, verraai die basiese beginsels van eiendomsreg en die reg op beskerming teen staatsmisbruik. Dean Macpherson van die DA se uitlating dat *"nul ’n vorm van vergoeding kan wees"* is ’n skokkende erkenning dat die DA bereid is om saam met die ANC op ’n glybaan af te beweeg wat eindig in die ondermyning van privaat besit en ekonomiese vryheid. Hierdie wet maak die deur oop vir ideologies-gedrewe grondonteiening. Enige party wat so ’n standpunt inneem, verdien *NUL stemme—hulle verdien verwerping by die stembus.*_
🧡 *KOM SÊ JOU SÊ HIER:* https://www.facebook.com/share/v/1ATPFG19ox/
👍
💚
😡
❤️
💪
😂
16