
Rhapsody Global Club ( Mandate 1B ROR Influences )
June 12, 2025 at 05:26 PM
Rhapsody Afrikaans
Fri Jun 13 2025
STAAN VAS - WEIER OM TE SKIK
As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie (Jesaja 43:2).
Moenie moed verloor as jy dalk vind dat jy ter wille van die Evangelie van alle kante onder druk en vervolging gebuk gaan nie. Dit wat jy doen, het ‘n toekoms. Jou werk vir die Here is nie tevergeefs nie; dit is doelgerig en ewig. God het nooit beloof dat alles glad sal verloop en sonder uitdagings sal wees nie. Hy het vir ons gesê daar sal moeilikhede, beproewings en teëstanders wees. Maar Hy het ons verseker van sy teenwoordigheid en oorwinning te midde van dit alles.
Onthou wat ons in ons openingskrif gelees het; Hy het nie gesê daar sal geen storm of vuur wees nie. Die belofte is nie die afwesigheid van uitdagings nie, maar die versekering van sy teenwoordigheid en jou beskerming te midde van teëspoed. Dit help jou die rede verstaan waarom Hy sê: “Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val” (Jakobus 1:2).
Die Bybel vertel vir ons in Daniel 3 van Sadrag, Mesag en Abednégo, drie jong manne wat ondanks hewige teëstand vas in hul geloof gestaan het. Hul storie word dikwels onthou vir die vuuroond en hul wonderbaarlike verlossing, maar daar is veel meer daarin. Voordat hulle in die vlamme gewerp is, het hulle veroordeling, verwerping en vals beskuldigings in die gesig gestaar. Hulle het haat en nyd verduur net omdat hulle geweier het om hulle geloof in te boet.
2 Korintiërs 4:17 sê: "Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir ons 'n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid." Dus, vir jou om die goddelike lewe te lei wat die Here jou gegee het, is daar goed wat jy sal moet trotseer, verduur, teenstaan en konfronteer. Daar is dalk teëstanders van alle kante, maar te midde van dit alles, is jy meer as ‘n oorwinnaar. 2 Timoteus 3:12 [CAB23] sê: “Ja, en almal wat godvrugtig in Christus Jesus wil lewe, sal vervolg word.”
Hy wat in julle is, is groter as hy wat in die wêreld is (1 Johannes 4:4). Hy verseker in Matteus 28:20 [NLT]: "...En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.” Rig jou oë op die toekoms en op sy heerlikheid. Weier om deur tydelike uitdagings verlei te word. Wees vol vertroue dat, ongeag wat, sy Woord sal oorwin in jou lewe, en sy heerlikheid altyd in en deur jou geopenbaar sal word.
Prayer / Confession
Ongeag die uitdagings of teenstand, staan ek vas in die geloof, want die groter Een woon in my. U Woord plaas my oor elke beproewing, en ek wandel in ewige oorwinning. Dankie vir u teenwoordigheid, u beskerming, en u Woord wat nooit faal nie, in Jesus se Naam. Amen.
Further study
I Korinthiërs 15:57-58; Romeine 8:31-37; II Korinthiërs 4:17 AMPC
1-year bible reading plan
Handelinge 4:1-31 & II Kronieke 16-19
2-year bible reading plan
Lukas 1:26-38 & Deuterónomium 11
WhatsApp Chanel for rhapsody Translation :
https://whatsapp.com/channel/0029Va9SJ9OHFxP0Xh4KCN3F
🙏
1