
Landbou.com
January 24, 2025 at 02:01 PM
📷_Landbouweekblad_ -leser Lizelle Carstens het dié foto tydens die goue uur op hul plaas Swartfontein by Moorreesburg in die Swartland geneem.
Die Carstens boer al vir vyf generasies op dié plaas met koring, skape en beeste. Lizelle vertel as sy tonele soos die een op die foto sien, besef sy net weer wat ’n spesiale voorreg dit vir haar en haar man, Matthys, is om hul drie seuns – Henze, Russouw en Burger – op ’n plaas groot te maak en hoe bekorend die Swartland is.
❤️
👍
2