
Landbou.com
929 subscribers
Verified ChannelAbout Landbou.com
Landbouweekblad is so tuis soos beskuit en biltong in SA boere se huise. www.landbou.com
Similar Channels
Swipe to see more
Posts

*Die moontlike skeur tussen Vrystaat Landbou en AgriSA* Francois Wilken, voorsitter van VL, het in ’n stemboodskap gesê omdat die lede ’n ruim geldelike bydrae lewer tot AgriSA se koffers, wat VL as affiliasiegeld oorbetaal, is dit baie belangrik dat die lede deel van die hele proses is. Hy sê die versoeke vir die heroorweging kom al oor ’n klompie jare, maar meer spesifiek ook nou in die afgelope tyd. https://tinyurl.com/ssb7yduk *LUISTER hier* na Chris Burgess, redakteur van _Landbouweekblad_ & _Landbou.com_ , in gesprek met Ryk van Niekerk op _RSG_ oor die kwessie https://iono.fm/e/1531022 *Neem deel aan ons meningsopname oor die kwessie* 👇

*Knopvelsiekte:* Die Namibiese direktoraat veeartsenydienste (DVS) het op 13 Februarie ’n openbare kennisgewing uitgereik, waarin vereis word dat alle beeste wat vir uitvoer bestem is, ’n minimum van 21 dae of ’n maksimum van twaalf maande voor die beoogde uitvoer teen knopvelsiekte ingeënt moet word. Hierdie maatreël is onmiddellik van krag en geld vir beeste uit alle streke. Uitvoerpermitte sal slegs uitgereik word indien hierdie bewys gelewer kan word. https://tinyurl.com/4fpr78x9

*Bek-en-klou versprei verder in KZN* Owerhede het die onlangse uitbrekings van bek-en-klouseer bevestig, en hierdie amptelike bevestiging van veelvuldige uitbrekings maak glo boere in die kommersiële-veeboerderydistrikte van Newcastle en Vryheid in KwaZulu-Natal benoud. https://tinyurl.com/58ku5c92

*'n Reënmeter vol goeie nuus:* https://tinyurl.com/3r7vuk7h

*Skeuring dreig tussen Vrystaat Landbou (VL) en AgriSA:* Francois Wilken, boer en president van Vrystaat Landbou, verduidelik hoekom daar ’n meningspeiling onder lede gehou is oor die affiliasie van VL. Lede moes sê of hulle tevrede is met hoe AgriSA boere se belange hanteer, en ook stem oor voortgesette affiliasie by AgriSA. Lede kon tot Dinsdag hul mening in die peiling lug. In dié opname https://iono.fm/e/1531434 gesels *Francois Wilken* met Ryk van Niekerk op RSG Geldsake in antwoord op Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad en Landbou.com, se uitkyk op die saak. Jy kan ook hier na Chris se gesprek op RSG Geldsake luister. https://iono.fm/e/1531022 *WAT IS JOU MENING?* _Neem deel aan ons meningsopname hierbo wat gaan oor die kwessie._ ⬆️☝️

*Tienie vorder fluks* |https://www.landbou.com/nuus/tienie-al-nader-aan-mikpunt-van-1-000-skape-geskeer-20250301-0329

*Tienie se skeerpoging BEGIN:* Stille vasberadenheid en bruisende opwinding het Vrydagoggend op Gariepdam die begin van die skeerkampioen Tienie du Plessis se taaiste uitdaging tot dusver gekenmerk Presies om nege-uur het hy sy eerste Merinolam uit die vanghok nadergetrek en begin skeer. As alles goed verloop, sal hy Saterdagmiddag om 17:00 sy mikpunt van 1 000 skape in 12 skofte van twee uur lank geskeer hê. Dit sal die eerste Suid-Afrikaanse 24-uur-skeerrekord wees. 🐑 Hou Landbou.com, hierdie WhatsApp-kanaal en ons sosiale media platforms dop - ons hou jou op hoogte van Tienie se poging _*ONS STAAN AGTER JOU, TIENIE*_ https://tinyurl.com/mrj75b82


*Vragte vol lusern vir boere gestuur:* https://www.landbou.com/nuus/facebook-veiling-samel-meer-as-r200-000-in-vir-kenhardt-boere-20250224-0695

*Tienie du Plessis:* LUISTER na sy lesse uit die skeerhuis in hierdie week se episode van *BLY BOER* https://tinyurl.com/497s26ka