Landbou.com

Landbou.com

929 subscribers

Verified Channel
Landbou.com
Landbou.com
January 25, 2025 at 05:29 AM
Die potensiële impak van die ondertekening van die Onteieningswet op boere kan nie oorskat word nie, sê Jaco Minnaar, voorsitter van AgriSA. Die ekonomiese beginsels waarop die landbou gebou is, word ondermyn deur die omstrede wet, wat op 23 Januarie bekragtig is. Die Onteieningswet is voor die verkiesing in Mei verlede jaar haastig deur die ANC in die parlement deurgedruk en herroep die Onteieningswet van 1975. Die nuwe wet sal vir staatsliggame uiteensit hoe grond in openbare belang onteien mag word. *Onteieningswet* : Minnaar het in ’n brief wat op 24 Januarie aan lede van die organisasie versprei is, gesê Ramaphosa se besluit om dié wet te onderteken, is vir AgriSA ’n “groot teleurstelling” en dat hy as boer en sakeman dit kommerwekkend vind. https://www.landbou.com/landbou/nuus/jaco-minnaar-agrisa-sal-eiendomsreg-verdedig-20250124
👍 3

Comments