
Landbou.com
January 27, 2025 at 05:52 AM
🍖 *RESEP vir 'n Maandagaand* - *Soetsuur gebakte varktjops:* _Maklik, vinnig en altyd ’n gunsteling._
Ja, jy kan steeds gereeld vleis op tafel sit, al knyp die begroting. Kies sakpassnitte soos maalvleis, skenkelvleis of ’n bekostigbare vleissoort soos varkvleis.
*Soetsuursous*
* 15 ml worcestersous
* 30 ml tamatiesous
* 15 ml sojasous
* 30 ml bruinsuiker
* 30 ml appelasyn
* 1 fyngedrukte knoffelhuisie
* 2-4 varklendetjops
* Sout en varsgemaalde swartpeper
Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n oondbak liggies met olie.
Klits al die bestanddele vir die sous goed saam.
Geur die tjops met sout en peper en pak in ’n enkellaag in die oondbak.
Giet die sous oor, bedek met foelie en bak vir ongeveer 12 minute tot die vleis net gaar is.
Haal die foelie af en gee die vleis vinnig kleur onder ’n roosterelement.
Sit voor met rys of kapokaartappels en slaai.
Lewer 2-4 porsies
❤️
👍
2