Landbou.com
February 11, 2025 at 08:29 AM
⚠️*SLENKDALKOORS |* Met die vorige groot uitbreking van slenkdalkoors in 2010 het boere se verliese na raming sowat R2,253 miljard bedra. Dis benewens die grootskaalse indirekte skade weens genetiese en voortplantingsverliese. Dr. Faffa Malan, raadgewende kenner van veegesondheid van Pretoria, vra veeboere ernstig om oplettend te wees. Die toestande is ryp vir ’n nuwe uitbreking vanweë goeie reën wat in baie dele geval het. Die Anophele-muskietspesie wat hierdie virussiekte na skape, bokke, beeste en wild oordra, broei nou in waterpoele uit. Daarna kan die Culex-spesie ook die virus oordra. Die siekte word ook deur die Aedes-spesie oorgedra.
https://www.landbou.com/landbou/bedrywe/diere/slenkdalkoors-is-dodelik-vir-mens-en-dier-ent-nou-in-20250211
👍
3