
Landbou.com
February 21, 2025 at 12:46 PM
*Knopvelsiekte:* Die Namibiese direktoraat veeartsenydienste (DVS) het op 13 Februarie ’n openbare kennisgewing uitgereik, waarin vereis word dat alle beeste wat vir uitvoer bestem is, ’n minimum van 21 dae of ’n maksimum van twaalf maande voor die beoogde uitvoer teen knopvelsiekte ingeënt moet word. Hierdie maatreël is onmiddellik van krag en geld vir beeste uit alle streke. Uitvoerpermitte sal slegs uitgereik word indien hierdie bewys gelewer kan word. https://tinyurl.com/4fpr78x9
👍
😮
2