
Landbou.com
February 28, 2025 at 09:38 AM
*Tienie se skeerpoging BEGIN:*
Stille vasberadenheid en bruisende opwinding het Vrydagoggend op Gariepdam die begin van die skeerkampioen Tienie du Plessis se taaiste uitdaging tot dusver gekenmerk
Presies om nege-uur het hy sy eerste Merinolam uit die vanghok nadergetrek en begin skeer. As alles goed verloop, sal hy Saterdagmiddag om 17:00 sy mikpunt van 1 000 skape in 12 skofte van twee uur lank geskeer hê. Dit sal die eerste Suid-Afrikaanse 24-uur-skeerrekord wees.
🐑 Hou Landbou.com, hierdie WhatsApp-kanaal en ons sosiale media platforms dop - ons hou jou op hoogte van Tienie se poging
_*ONS STAAN AGTER JOU, TIENIE*_
https://tinyurl.com/mrj75b82

👍
👏
❤️
5