
Ah,Willa!&Vriende Kreatiewe Bediening
February 17, 2025 at 05:53 AM
Hello Julle,
Hoop julle het 'n eerlike naweek gehad 😉 Ons het so bietjie aanpasings gemaak in die enkel gedig-snitte sodat YouTube dit nie omskep in shorts nie. Ons gaan dan ook nou van hierdie oomblik voorentoe, elke week focus op 'n digter of voorleser se werk. *Jani Kahts* was een van ons eerste digter-vriende wat aangesluit het by ons kreatiewe kring en sy is ook deel van ons werk-span. Sy bestuur ons werksgroep waar ons aan ons gedigte skaaf voordat ons dit hier kom deel en sy bestuur ook ons Facebook blad, Ditjies & Datjies, Plus n Veertjie, asook die FB groep. Die skakels is beskikbaar op ons LinkTree skakels - sien die skakel heel onder aangeheg.
Luister na hierdie prag gedig, *Gewaarwording* , deur die digter *Jani Kahts* soos voorgelees deur *Anri Human* en deel gerus met iemand wat jy dink dit vandag nodig sou hê
*Jani en Anri* sal dit ook waardeer as julle die YouTube skakel besoek en die video "like" en selfs ook 'n opmerking uit jou hart daar los. _(Jy kan ook 'n opmerking direk op elkeen se profiel op ons webtuiste laat.)_
Ons waardeer julle ondersteuning!!
Mooi dag vir jou.
Ah,Willa&Vriende
*Gewaarwording op YouTube:*
https://youtu.be/1GWDR4sTvrY
*Al ons skakels kan gevind word by:*
https://linktr.ee/WillaCircle
🩵
1