Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
January 31, 2025 at 03:56 AM
Vrydag 31 Januarie 2025 Goeiemôre Januarie is uiteindelik op sy rug. Ek sien baie ouens, n.a.v die onteiening wet, is erg bekommerd oor grondgrype, hoewel ek nie tans heeltemal oortuig is dat dit 'n faktor is nie. Wat ek wel aanbeveel is dat jy: * Jou grond behoorlik omhein * Bordjies op die heining aanbring in die nodige landstale wat sê dis privaat eiendom en dat oortreders op eie risiko betree * Jy gereeld jou heinings nagaan om te bepaal of daar dalk gepeuter is * Tree onmiddelik op sou jy betreders gewaar. Kry dadelik die polisie uit en maak 'n saak van betreding oop * Hou afskrifte van transport aktes byderhand * As jy nie self op die grond bly nie, verleen volmag aan iemand wat daar bly of 'n betroubare buurman. Die polisie vereis dat eienaar of gevolmagtigde moet saak oopmaak Wees versigtig om nie onnodig probleme te veroorsaak nie. Moet bv nie alleen die ouens gaan konfronteer nie, moenie vuurwapens rig of uit skede haal nie. Tree te alle tye kalm en rustig maar berekend op Staan sterk Dawie Conradie 082 930 9905 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍 💯 7

Comments