
Landelike Veiligheid
990 subscribers
About Landelike Veiligheid
Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed. https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Similar Channels
Swipe to see more
Posts

Woensdag 11 Junie 2025 Goeiemôre Gister se boodskap het nogal baie reaksie gelok, dankie aan almal. Ek moes ook weer gaan sit en dink en verstaan dat die basiese goed, die belangrikste is. 1. Pas jou sleutels en afstandbeheer knoppies op. 2. Jy kan nie maklik iemand vertrou nie. 3. Wees gereed met vroeë waarskuwing en reageer op dit. 4. Wees deel van 'n groter groep soos 'n buurtwag, en dit is nogal baie belangrik Wanneer ons ouer word, word dit moeiliker om sekere goed vir onsself te doen. Dit word nodig vir ons om staat te maak op hulp van buite om selfs net aan te trek. Ons kinders is nie altyd naby nie en ja dinge raak moeilik. Baie van ons ou mense is dan aangewese op diegene wat byderhand is, huisbediendes en in baie gevalle tuinwerkers. Die ongeluk is dat hierdie ouens nie altyd die prentjie soos ons sien nie en dus die situasie wil misbruik tot hul eie voordeel. Ons sal ernstig moet kyk na planne om ons ouer mense te beskerm deur jonges op die plase te laat woon. Ek besef dat jongmense wil uitgaan en kuier ens maar baie van ons jongmense kry nie behoorlike werk nie en so plaas werk leer mens darem ook oorlewing vaardigheid. Die anderkant van die storie is ook dat as meer jongmense platteland toe verhuis sal daar ook meer sosiale interaksie wees met andere wat soos hulle dink. Wat veiligheid aan betref, ons kan verseker planne maak om deur instansies soos AfriForum ons jonges te laat oplei in persoonlike weerbaarheid en meer gevorderde tegnieke. Ek hoop regtig hierdie suksesverhaal inspireer ook ander om aktief te raak. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911

Dinsdag 10 Junie 2025 Môre Sukses! Ek ontvang gister 'n oproep van een van ons Whatsapp kanaal lede wat my 'n baie mooi pluimpie gee. Die oom is nou 74 en sy vroutjie 72. Hulle het die afgelope paar maande 2 baie noue ontkomings gehad. Ek plaas dié volgende inligting met die oom se toestemming. Op Vrydag 04 April/ Saterdag 5 April vanjaar omstreeks 02:00 die oggend gaan hul huisalarm af. Een van die nuwe sensors wat hy slegs een week vantevore laat aanbring het, het beweging opgetel. Dit het die vrydagaand gereën en hul krag is af. Hul rugsteun batterye werk 100% reg vir die eerste keer. By nadere ondersoek, die oggend na ligdag, sien hy op die CCTV materiaal 4 manne wat op pad was na sy voordeur. Die vroeë waarskuwing stelsel het heel moontlik daardie oggend reeds 'n tragedie voorkom. Tweede insident, verlede Vrydag, 6 Junie/ Saterdag 7 Junie, omstreeks 02:20 die oggend gaan sy elektriese heining se alarm af. Na die vorige insident in April het hy die heining laat herstel. Die alarmpie maak net in sy kamer geraas, "nie groot storie buite nie" Hy reageer dadelik, sien weer 4 manne op die CCTV, die keer roep hy hulp in op die radio en daarna laat loop hy met 2 skote bokhael deur die venster. Die manne verlaat die perseel te voet teen baie hoe spoed. Weereens het die batterye, wat intussen weer opgegradeer is, al die noodsaaklike stelsels laat aanhou werk. Die krag het omstreeks 22:00 Vrydagaand afgegaan. Hul kragkabels is afgesteel by die ESKOM transformator. Dit het hy eers Saterdag oggend gesien na die buurtwag kom bystand verleen het. Interesante observasies: Beide geleenthede was sy tuinman en inslaap bediende (man en vrou) nie daar nie. Beide geleenthede is voorafgegaan deur voordeur sleutels wat vir 1 dag soek was Op beide geleenthede is daar op die plaaslike buurtwag die vorige aand berig van 'n vreemde voertuig in die area. Die krag was op al twee kere af eenkeer weens sabotasie, een keer weens swaar weer en wind. Die tuinman en bediende het nie geweet die heining is herstel nie. Die tuinman was gisteroggend, Maandag, sigbaar geskok toe die oom die deur vir hom oopmaak. Toeval, seker. Het die raad, om vroeë waarskuwing stelsels te hê, gehelp? Verseker. Die oom is vas oortuig daar is 'n plan om hul aan te val. Hy is ook vasberade om die ouens volgende keer te vang. Die oom sê die inligting wat hy op hierdie kanaal ontvang het, was die een faktor wat gemaak het dat hy effektiewe vroeë waarskuwing laat installeer het. Hy sê ook dat hy tot gister oggend nog sy tuinman en die se vrou ten volle vertrou het, maar dat hul reaksie toe hy die deur oopmaak hom nou baie laat twyfel, soveel so dat hulle nou op lang verlof geplaas is. Laaste opmerking, hul buurtwag is nou 3 maande aan die gang. Die buurtwag het gereageer op die oom se oproep op die radio sisteem. Die buurtwag is ook 'n uitvloeisel van inligting wat hier geplaas is. Ek is baie dankbaar dat die aanvallers se planne gefaal het. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911

Maandag 16 Junie 2025 Môre Mens moet altyd probeer om een of meer stappe voor die booswig te bly in terme van jou veiligheid. By die onlangse beraad is daar genoem dat 80% van ons veiligheid strategie berus op reaktiewe maatreëls terwyl slegs 20% staatmaak op pro aktiewe planne. Ons moet streef daarna om die formule om te keer, na 80% pro en 20% reaktief. Dit klink eenvoudig maar in werklikheid is dit 'n redelike omwenteling vir meeste van ons mense om pro aktief op te tree. Maar wat is pro aktiewe optrede? Wel dit kom weereens terug na ons leefstyl. Jy moet leer om veilig te leef. Jy moet leer om soos 'n misdadiger te dink. Om krake in jou eie mondering te sien en aan te spreek. Jy moet bv kan kyk na jou grense en kan sien waar die grootste potensiaal is vir iemand om binne te kom. Dan moet jy teen strategieë in plek plaas om daardie swakheid te versterk. Jy moet ook konsekwent herstel en verbeter. As jou drade geknip word, maak dit onmiddellik reg. Moenie dae en weke wag nie. Hoe gouer jy dit herstel, hoe minder werk is dit in die lang duur. As jy eers los dat daar 'n paar plekke is wat herstel moet word, dan word dit al makliker om dit te ignoreer. Maar as jy daagliks jou lyndrade patroleer, daagliks om jou plek stap en seker maak alles is in orde, en dit wat wel verkeerd mag wees herstel, stuur jy ook die boodskap aan die booswig dat jy pro-aktief is en optree. Dit is 'n afskrikmiddel, dit laat daai inbreker, betreder, terroris twee keer dink. As jy in die straat afloop en probeer kyk waar jy gaan inbreek, gaan jy by die ou breek met die netjiese grensmuur, elektriese heining en sekuriteitsligte of die ou waar die hek oopstaan, sy kinders se fietse die wêreld vol lê en sy nuwe Hilux se sleutels in die stuur slot steek? Dink maar bietjie daaroor na. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911

Donderdag 12 Junie 2025 Môre Veiligheids tegnologie beweeg tans baie vinnig vorentoe. Die vervaardigers skep deurlopend nuwe, meer gevorderde produkte wat al meer funksies en ander tierlantyntjies het. Die probleem is dat hoewel hierdie goed alles baie mooi is en goed werk is baie min van hierdie ongelooflike funksies op die meerderheid gevalle van toepassing. Baie van ons mense benodig 'n basiese stelsel wat nog met eenvoudige tegnologie werk en meer betroubaar is. Van my eie kliënte het baie ou alarm stelsels waar die zones letterlik nog met fisiese skakelaars aan en af geskakel kan word. Geen sleutelbordjies (keypads) of ander slim tegnologie nie. Dié alarms word nog in baie gevalle met 'n sleutel aan en afgeskakel. Dit is ook nie omdat die mense nie beter of meer modern kan bekostig nie, inteendeel. Dit gaan bloot daaroor dat dit bekend en maklik is om te verstaan. Vervaardigers verloor baiemaal die gemiddelde gebruiker se behoeftes en voorkeure uit die oog. Ek het al vantevore baie gesê dat jy gemaklik moet wees met die toerusting wat vir jou werk. Jy behoort ook vertroud te wees met die werking daarvan, en waar moontlik darem bietjie basiese foutopsporing kan doen. Ek het al verskeie kere kliënte besoek om bv net 'n kragprop aan te skakel. Dit nadat die klient onnodig 'n tydperk sonder die hulp van die toerusting moes deurbring. Kyk na die gebruikers vriendelikheid van toerusting, gemak waarmee jy dit kan gebruik en die funksies wat jy benodig voordat jy koop. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911

Vrydag 6 Junie 2025 Môre Ons sien elke dag hoe die land verval onder die huidige regering. Dit is nie noodwendig as gevolg van onbevoegdheid om te bestuur nie maar dalk eerder as gevolg van 'n doelbewuste strategie om alles en almal afhanklik te maak van die staat. Dit gaan dus oor beheer. Ons kan nie staatmaak op die regering om basiese dienste soos bv polisie, weermag krag en water te voorsien nie, daarom is dit belangrik vir ons om self hierdie dienste aan onsself te lewer. Die belangrikste is om nou self op te staan om ons eie veiligheid te verseker. Ons kan dit net doen wanneer ons saam werk. So kom ons vat hande, tussen bure, buurtwagte en gemeenskappe, om 'n verenigde front teen die verval te skep. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911

Vrydag 13 Junie 2025 Môre Ek kyk vanmôre na wêreld gebeure en ek kan nie anders as om te sien hoe Lukas 21:5, en verskeie ander tekste, besig is om in ons eie tyd af te speel nie. Ons sê al lankal vir mekaar dat veiligheid by jou huis begin, jy en jou gesin moet 'n veilige leefstyl aanleer en handhaaf, maar ek wil vanmôre vir jou sê veiligheid begin nog verder en dieper as by jou gesin. Ons veiligheid begin in ons binnekamer, agter 'n toe deur, daar waar jy op jou knieë besig is om met jou Skepper te praat, by jou persoonlike verhoudings met Hom, wat beheer het oor hemel en aarde, oor elke haar op jou kop. Daar begin jou veiligheid, en van daar kring dit uit na jou gesin, geliefdes, om jou tafel waar julle veronderstel is om te sit en Hom as gesin aan te roep. Daar begin veiligheid, daar kweek ons 'n verhouding tussen gesinne en God. Eers wanneer jou verhouding met Hom in plek kom, raak jou veiligheids prentjie volledig. Begin by die werklike begin, by jou Skepper, werk dan van daar met Sy leiding, om die regte besluite aangaande jou veiligheid te neem. Vertrou op Hom om jou en jou gesin, jou buurt en jou mense te lei. Dan sal jul pogings tot suksesse lei, sal julle geseën word met vrede en voorspoed. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911

Woensdag 18 Junie 2025 Môre As jy by jou deur uitloop en hier is 'n ou besig om jou buurman se voordeur oop te breek, is jy die ou wat alarm maak en hom verjaag, of is jy die ou wat hom 'n Coke of bier aanbied omdat jy sien hy sweet al soos hy sukkel om daai deur af te breek? Is jy 'n goeie, oplettende buurman, of is jy deel van die probleem? Goeie buurmanskap is nogal belangrik in die stryd teen misdaad. Die goeie buurman sal optree, die misdadiger verjaag en sy buurman se belange beskerm. Jy sal tog verwag dat jou buurman dieselfde vir jou sal doen? Ons leef in 'n era waar bure baie min interaksie met mekaar het. Dit kan seker toegeskryf word aan twee goed, die besige lewe wat ons deesdae het met man en vrou wat beide werk. Dan is daar ook die invloed wat sosiale media en media in die algemeen op ons het. Ons is konstant besig op die internet, voor die TV ens. Dis belangrik om nie voeling met die werklikheid om ons te verloor nie. Misdaad neem steeds toe terwyl ons tick tok, YouTube en Instagram. Ons moet met mekaar, in persoon, gesels, hande vat met bure en goeie buurmanskap bevorder. Bure is onskatbare waarde in ons stryd teen misdaad. Om die waarheid te sê, indien bure goed saamwerk, mekaar ondersteun en saam planne maak, word die misdadiger se taak baie bemoeilik. So dink ernstig daaraan om opnuut jou bure te leer ken, saam te werk en saam planne te maak. Onthou bure maak uiteindelik 'n gemeenskap, en slegs 'n gemeenskap, kan 'n gemeenskap beskerm. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911

Dinsdag 17 Junie 2025 Môre Ons gesels bietjie oor proaktiewe optrede. As jy kyk na jou plek, is jy die ou met die netjiese heining, of die ou met die sleutel in jou motor se stuur slot? Wie wil jy wees? Die ou wat misdadigers binne nooi of die ou wat hulle met jou optrede en ingesteldheid verjaag? Selfs al het jy net 'n 5 lyn doringdraad heining om jou plek maar dit is netjies sonder stukkende plekke, stuur jy reeds 'n boodskap uit. Al is daardie heining op 100 plekke gelas en gelap, solank dit netjies en in plek is, stuur jy daardie boodskap. Die ou wat sy heinings laat verval, en uiteindelik laat tot niet gaan skep 'n probleem. Misdadigers sien dit en buit dit uit. Dink bietjie hieraan, as jy vanmôre by jou deur uitstap en daar staan 10 plakkers hutte op jou voorste grasperk, watse verweer het jy as jy nie duidelike grense het wat jou plek definieer nie? Selfs die hof gaan moeilik kan besluit as daardie plakker sê hy't nie geweet dis jou plek nie want daar is nie 'n heining of skeidslyn nie. Misdadigers werk so, hulle sny eers die draad op een plek, as jy nie regmaak nie, nog 'n plek, later steel hul 'n stuk heining en dan nog en nog tot niks meer oor is nie. As jy nie regmaak nie, gaan hy die grense aanhou druk en skuif tot jy uiteindelik moet toegee. Wees slim, moenie dat dit gebeur nie. Herstel, of dit nou jou heining is of jou voordeur se sleutels, maak reg, maak plan. Hou in stand. Dis hier waar goeie rentmeesterskap inkom. Jy moet in beheer wees van dit wat aan jou gegee is. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911

Maandag 9 Junie 2025 Môre Ons het al voorheen gepraat oor die nodigheid van nood planne. Baie van ons het reeds op skoolvlak daarmee te doen gekry. Dit is belangrik om binne jou huis 'n plan of planne in plek te hê in geval van nood, bv 'n brand? Wat is elkeen se plig? Wie moet die brandblussers, tuinslang of ander gereedskap hanteer? Wie maak seker almal is veilig en uit die huis? Hier is die belangrik om ook jou kinders te betrek. Dit is ook nodig om hierdie noodplan gereeld in te oefen. Dit help veel jy't die perfekte noodplan uitgewerk maar dit lê iewers en stof vergaar. Hierdie planne is dinamies, moet gereeld ingeoefen en aangepas word waar die nodigheid daarvoor ontstaan. Noodplanne kring ook weier uit, dit sluit nabygeleë bure in want 'n brand kan versprei tussen huise en aangrensende eiendomme. Jou plan moet ook inskakel by gemeenskappe se planne ens. Daar moet harmonie wees tussen dit wat jy binne jou huis doen en dit wat deur gemeenskapslede by jou plek gedoen word. Skakel in en werk saam. Noodplanne is ook nie beperk tot goed soos brande nie. Aanvalle of selfs pogings tot aanvalle kan effektief afgeweer word deur 'n goed vooraf opgestelde plan. Dink maar aan die verrassing wat 'n voornemende aanvaller kry wanneer hy 'n deur oopbreek en homself vasloop in 3 of 4 tienerseuns met krieketkolwe? Of hy kom van aangesig tot aangesig met 'n beneukte boer' met sy dubbelloop haelgeweer. Hy sal volgende keer tweekeer dink. Vroeë waarskuwing, effektiewe planne en meer effektiewe optrede is die sleutel tot sukses. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911

Donderdag 5 Junie 2025 Goeiemôre Wat maak jy as 'n groep mense jou eiendom beset? Vir 'n enkel persoon is dit 'n moeilike storie. Jy moet die polisie betrokke kry, ook jou regspan, en dit alles binne 'n relatief kort periode. As ek dit nou reg het, sê die wet dat as iemand eers 'n bewoonbare struktuur opgerig het, m.a.w dak en mure, dan moet die grondeienaar die regsroete volg, dan gaan ons hof en hoogeregshof toe. Honderde duisende rande verder kry jy hopelik 'n uitsettingsbevel vir die groepie, maar as 'n ander groepie môre die selfde stukkie grond kom beset, begin die hele storie van voor af. Maar as 'n gemeenskap 'n plan of strategie agtermekaar het vir so gebeurlikheid kan een ou bv die polisie kontak terwyl 'n volgende reeds die nodige logistieke hulp aktiveer terwyl nog iemand ander stappe kan neem. Wat ek dus sê is dat 'n groep mense wat 'n plan in plek het, 'n beter kans op vinniger sukses het as een ou wat alleen werk. Dit is dus belangrik vir elkeen van ons om in te skakel by 'n groter gemeenskaps groep en vir hierdie groepe om planne in plek te sit vir sulke gebeurtenisse. Ons mag lê in ons getalle. Met die onteieningswet wat deur die president bekragtig is, maak dit die kanse baie goed vir groepies radikale om grondgrype te doen. Hierdie optrede bedreig jou en jou gesin se veiligheid. Wat gaan jy doen as 'n groep jou grond beset en jy maande deem om deur die regstelsel die ouens te laat verwyder. Onthou dat solank as wat die reg sy loop neem, bly die ouens op jou grond en gaan hulle heel moontlik vermeerder. Julle tuiste, en ander eiendom gaan die teiken word van vandale en diewe, wat jou skade so erg kan laat eskaleer, dat jy uiteindelik jou grond sal moet prysgee ter wille van oorlewing. Raak dus nou al betrokke by jou plaaslike buurtwag. Maak seker dat hul planne in plek het of in plek sit en indien nie, neem leiding. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911