
Landelike Veiligheid
February 3, 2025 at 04:43 AM
Maandag 3 Februarie 2025
Môre
Net toe ons begin dink dat Eskom besig is om reg te kom, toe sit hulle weer die liggies af. Ek wil nie vanmôre oor beurtkrag praat nie maar eerder oor hoe van ons mense redeneer wanneer dinge begin goed gaan.
Die afgelope maand of drie merk ek al op hoe mense kragopwekkers, omsetters en sonenergie stelsels begin van die hand sit. Hier diep in my mou lag ek maar net want mens weet mos dinge gaan nie vir altyd goed gaan nie.
Dit is soos ambagsmanne wat hul gereedskap verkoop omdat hul dink hul kantoor pos gaan vir ewig hou. Dan eendag gebeur dinge en jy sit in 'n posisie waar jy gereedskap nodig het en vind dan uit dat dit 'n fortuin kos om weer goed aan te koop.
Net so gaan dit met jou veiligheid. Ek sien ouens wat allerhande veiligheids toerusting verkoop, goed wat ek weet hulle eintlik nodig het. Dan kom die krokodil trane wanneer daar ingebreek word of wanneer daardie goed vervang moet word.
Dit is absoluut ongelooflik hoe pryse eskaleer. Toe ek in 1994 begin het met elektroniese sekuriteit kon mens 'n hekmotor instaleer vir ongeveer R1000,00
Vandag kyk jy na ongeveer tien keer daardie bedrag en selfs meer. Dieselfde met kamera stelsels, alarm stelsels en selfs elektriese heinings ens
Mens raak nie sommer net ontslae van goed omdat jy dink jy sal dit môre of volgende maand kan terug koop nie. Dit is werklik 'n geval van Penny wise pound foolish
Dawie Conradie
082 930 9905
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za
Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍
👏
📍
7