Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
February 5, 2025 at 04:25 AM
Woensdag 5 Februarie 2025 Môre Ons het almal al geleer dat dinge skeefloop, jou krag gaan af en vir die ouens in dorpe, jou water toevoer is onstabiel en in baie gevalle sien ek deesdae is water maar minder higiënies. Ek sien ouens kla van bruin water wat stink in hul krane ens. Dan dink mens onwillekeurig hoe kom hierdie mens sonder 'n tru-osmose stelsel klaar? Ja die goed is duur maar die belegging is die moeite werd. Watertenks en drukpompe is ook duur maar dit is darem baie aangenaam om dit in plek te hê. Nou kom ek ook vanmôre by jou water en voedselsekerheid. In die dorpe is dit effe makliker maar dink bietjie hieraan, hoe maklik kan iemand toegang kry tot jou water toevoer? In ons dorpie staan die water reservoirs permanent oop, bedags is daar sekuriteit wagte maar na 5 is daar niemand, dan kan enigiemand tot by die reservoir ry en goed in die water gooi. Hoe lyk jou water tenks op die plaas? Is daar darem 'n bietjie weerstand as dit by jou water kom? Kan iemand dit maklik bereik? Wat van jou watertoevoer sumier afsny? Het jy darem ekstra drinkwater in jou huis? Hoe maklik is dit om jou uit jou huis te lok deur bloot jou water toevoer af te sny? Hoeveel van ons sal, sonder om te dink, bloot uit jou huis loop om ondersoek te gaan instel wanneer jou watertoevoer staak? Loop jy dalk in 'n lokval in? Wat van jou elektrisiteitstoevoer? Sal jy bloot uitgaan en gaan kyk hoekom jou krag afgegaan het? Ek self het al sommer net uitgeloop toe 'n elektriese heining alarm afgegaan het. Halfpad op pad uit het ek besef dit kan 'n lokval wees en omgedraai maar ek kon netsowel daardie aand my laaste treë gegee het. Jou elektriese heining se werklike doel is nie om iemand uit te hou nie maar juis om jou te waarsku as iemand die heining saboteer. Is jou heining reg opgestel? Ek was al male sonder tal by heinings wat nie sal alarm maak as dit geknip of gekortsluit word nie. Daardie heining gee jou 'n vals sin vir sekuriteit want hy dien nie sy hoofdoel nie my vriend. Die goed is daar om 'n vroeë waarskuwing te wees. Mens gaan nie sommer net uit jou huis nie, kry rugsteun en versterkings in plek. Dawie Conradie 082 930 9905 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍 👌 📍 8

Comments