
Landelike Veiligheid
February 6, 2025 at 04:29 AM
Donderdag 6 Februarie 2025
Môre
So klompie jaar gelede kry ons een aand via die radio stelsel berig van 'n heining alarm wat afgaan. So paar manne gaan help en kry jou werklikwaar dat die betrokke heining gesny is baie naby die plaasopstal se hek. Die manne maak die heining reg en na bietjie gesels vertrek almal.
Twee ure later roep die boer weer op die radio, sy heining alarm gaan weer af en op sy PTZ kamera, die een wat in die rondte draai bokant sy huis op die paal, kan hy sien die heining is op dieselfde plek weer geknip. Dis toe so 01:00 die oggend.
Paar manne reageer en maak weer die heining reg. Een of twee manne willig toe in om wag te staan vir die nag. Dinge raak rustig en geen voorvalle verder nie, tot die volgende oggend wat die son opkom. Toe gewaar die manne so dertig tree van hulle af, 'n vreemde hoop goed so half onder 'n lemoenboom. (Lemoen plaas en die boord lê tot teen die pad)
Onder die boom lê 'n rugsak en ook 'n jaggeweer met teleskoop op, mooi netjies op die opstal se voordeur gerig. Die manne besef opeens hoe naby daardie boer' daardie nag aan sy dood gekom het.
Jy kan dalk Rambo se kleinneef wees en jy kan dalk jou handwapen beter hanteer as James Bond, maar as jy by jou deur uitloop het jy nie 'n kans teen iemand wat vir jou wag nie. Jy het net te veel grond om te dek en daardie ou wat jou wil uithaal, het net 2m² wat hy moet dophou. Jy val terwyl jy nog daardie deur oopmaak my vriend. Wees slim, kry hulp van buite af.
Dawie Conradie
082 930 9905
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za
Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍
😮
😡
🙏
6