
Landelike Veiligheid
February 7, 2025 at 04:29 AM
Vrydag 7 Februarie 2025
Môre
Of dit nou jou elektriese heining is wat alarm maak, of jou water wat onverklaarbaar opraak, elektrisiteit wat afgaan of selfs 'n werker wat hulp vra met 'n siek kind of, soos onlangs, 'n slang by sy slaapplek, jy gaan nie sommer net uit nie my vriend. Kry hulp en versterkings van buite af in.
Jou vroeë waarskuwing stelsels is daar met 'n doel, om vir jou tyd te koop, dink slim, gebruik hierdie goed tot jou voordeel, jy het baie geld daarin belê.
Maak jou water en kragtoevoer veilig. Kry dit so dat dit nie maklik gesaboteer kan word nie en as dit gebeur, sorg vir rugsteun binne jou huis.
Sorg dat jy oë het op jou lewendehawe. Kameras speel hier 'n uiters belangrike rol. Jy kan oë en ore op jou diere hê kilometers van jou huis af en jy kan baie vinnig 'n situasie opsom as jy kan sien wat gebeur.
Sou daar wel probleme ontstaan, moenie sommer net uitgaan en gaan ondersoek instel nie. Kry ten minste twee persone van buite om te kom bystand gee. Wees te alle tye bang Jan, en vermy dit om dooie Jan te wees.
Dawie Conradie
082 930 9905
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za
Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍
🙏
❤️
📍
8