Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
February 10, 2025 at 04:44 AM
Maandag 10 Januarie 2025 Môre Normaalweg gesels ek nie politiek nie maar na Vrydagaand se ondertekening van die uitvoerende bevel deur pres Trump, voel ek dit is nodig om maar op ons hoede te wees. Ek sien op die sosiale media platforms is die gemoedere maar hoog en sommige ouens maak growwe uitsprake. Die ANC by monde van die president het in verlede Donderdag in sy staatsrede gesê dat hy hom nie sal laat boelie nie. Mens weet nie mooi wat om te verwag na die storie nie. Hierdie kan 'n bedekte seën wees of 'n oorlogsverklaring. Die feit dat Amerika sanksies teen SA instel gaan noodwendig beteken dat ons ekonomie daaronder gaan ly en dat die armes nog swaarder gaan kry, dus gaan misdaad weereens toeneem en ons gaan nog meer geteiken word. Nie omdat ons ryk is nie maar omdat ons goed het wat waarde dra. Of dit misdaad is en of dit aangepor word deur radikales, maak nie regtig saak nie. Wat wel saak maak is dat mens kan dink hier is probleme op pad. Ons regering het nie die kapasiteit om grootskaalse opstand te onderdruk nie en om die waarheid te sê, mens weet nie of hulle die wil het om dit te doen nie. Daarom vra en se ek, wees asseblief op jou hoede, wees paraat, kry dadelik jou nodige vroeë waarskuwing in plek en moenie onder enige omstandighede uitgelok word nie. As jy wapens het, sorg dat dit ekstra veilig bewaar word maar ook dat jy toegang het daartoe sou jy jouself en jou gesin moet beskerm. Sterkte en ons kyk hoe dinge uitspeel Dawie Conradie 082 930 9905 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍 🙏 5

Comments