
Landelike Veiligheid
February 11, 2025 at 04:30 AM
Dinsdag 11 Februarie 2025
Môre
Ons praat baie van vroeë waarskuwing stelsels maar ek kom ook agter dat nie almal die konsep mooi verstaan nie.
Vroeë waarskuwing stelsels is goed wat jou in staat stel om vroegtydig gereed te maak vir of hulp te ontbied in geval van 'n noodgeval.
Vroeë waarskuwing stelsels kan goed wees soos bv elektriese heinings, infra rooi strale, passiewe infra rooi sensors, kameras met menslike vorm deteksie ensovoorts.
Dit kan ook passiewe stelsels wees soos bv heinings, hekke, diefwering, veiligheids hekke en dies meer. Enige item wat geplaas is met die uitsluitlike doel om 'n aanvaller se aan aantog na jou plek te vertraag en jou in dieselfde tyd te verwittig van so aanvaller se teenwoordigheid is dus 'n vroeë waarskuwing stelsel.
Hierdie stelsels of items kan net effektief gebruik word indien dit reg opgestel is en ook aktief is. Met ander woorde, 'n veiligheidshek is slegs 'n effektiewe maatreël wanneer dit toe en gesluit is. Wanneer so hek oop staan of die slot daarvan nie gesluit is nie, dien dit geen ander doel as blote dekor nie.
Dieselfde geld vir alarms, heinings, kameras ensomeer. Indien dit nie aangeskakel is en aktief monitor nie, is dit net mooi goedjies wat oral teen jou mure vasgeskroef is, dis al.
Dawie Conradie
082 930 9905
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za
Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍
8