Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
February 12, 2025 at 04:39 AM
Woensdag 11 Februarie 2025 Môre Jou vroeë waarskuwing stelsels is in plek en jou gemeenskap het ingekoop met dieselfde planne, julle het aanvanklik goed saamgewerk maar soos die misdaad minder geword het, het julle ook effe begin verslap. Julle ry nie meer so gereeld patrollie nie en goed soos drade wat geknip word vat bietjie langer om herstel te word. Misdaad is steeds min alhoewel een of twee ouens reeds weer probleme gekry het. Hier is die slaggat van vroeë waarskuwing stelsels. Jy raak gemaklik en tree nie meer so flink op wanneer daar probleme opduik nie. Aanvanklik is dit een ou wat bietjie laks was en sy tuinstoele is gesteel, toe word dit 'n volgende ou se gereedskap wat hy buite vergeet het en voor jy jou oë uitvee is dit weer chaos van voor af. As mens net deurlopend die druk op die misdadiger kan hou, deurlopend sy kans op sukses so laag kan hou dat dit nie die moeite werd is om eens te probeer nie, dan behaal jy lang termyn sukses. Jou werk word minder omdat daar minder probeerslae is maar jy moet aanhoudend skerp bly. Dit is baie belangrik om te voorkom dat jou belegging in veiligheid gou gou nietig verklaar word. Dawie Conradie 082 930 9905 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍 💯 🙏 6

Comments