Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
February 14, 2025 at 04:32 AM
Vrydag 14 Februarie 2025 Goeiemôre Die afgelope week sien ons dat daar wel 'n bietjie oplewing is in die misdaad toneel maar op sosiale media is daar definitief meer prominente anti wit uitsprake. Dit is asof verlede Vrydag se gebeure die perdeby nes versteur het. Ek moet ook sê ek sien klomp blankes wat skielik ook weer bietjie aktief begin raak. Berei jouself maar voor vir dit wat mag voorlê, want soos ek dit sien kan ons maar bietjie wrywing tussen groepe verwag. Daar is diegene wat die situasie wil en ook sal uitbuit vir eie gewin. Maak maar gereed vir meer aktiwiteite in jou omgewing. Ons het die afgelope week ook weer 'n plaasaanval in ons omgewing gehad. Die oom is aangerand en verskeie wapens asook nagsig items is geneem, maar die is glo ook weer teruggevind. Dus is die man net aangerand. Ek het ook verskeie berigte ontvang van mense aangaande inbrake, diefstalle en kwaadwillige saakbeskadiging. Wees dus op jul hoede en maak seker jy't soveel moontlik vroeë waarskuwing stelsels in plek. Enigiets is beter as niks, al is dit van die China shop se solar alarmpies, dis beter as niks. Baie sterkte en voorspoed en wees asseblief versigtig. Dawie Conradie 082 930 9905 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍 😢 🙏 9

Comments