Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
February 19, 2025 at 04:46 AM
Woensdag 19 Februarie 2025 Môre Ons kry al van Saterdag af heerlike reën. Die voorspelling is dat ons kan reën verwag tot die naweek se kant. In my direkte omgewing is daar heelwat ouens wat, as gevolg van die reën, sonder krag sit. Dit is nou hier waar mens agterkom hoe goed jou voorbereiding werklik is. Selfs die ouens met solar begin nou kriewelrig raak want met die son wat nou al paar dae agter die wolke is kry hulle ook nou probleme. Die ouens wat op solar staatmaak om water te pomp is nou ook nog effe dieper in die moeilikheid. Ek self het gesien dat my sisteme nie 100% in plek is nie maar daar waar sit tekort skiet is darem nie "mission critical" nie. Die werklik belangrike goed soos alarms, kritieke kameras, heinings en hekmotors is darem tans nog aan die gang. Ek kan daar waar dit te kort skiet darem aan die gang hou deur batterye te ruil en te laai. Hierdie is nou 'n doodgewone geelperske reën maar selfs dit wys swak plekkies uit. Wat maak mens as dinge werklik skeefloop soos met 'n groot weer stelsel of ander probleme? Dis belangrik om jou vroeë waarskuwing en ander kritieke stelsels deurlopend aan die gang te hou. Water, verkoeling van vars produkte, verhitting om te kan kook ens is redelik krities. Is jou goed in plek? Dawie Conradie 082 930 9905 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍 🙏 3

Comments