
Landelike Veiligheid
February 20, 2025 at 05:20 AM
Donderdag 20 Feb 2025
Goeiemôre
Tegnologie laat my vanmôre kopkrap. My boodskappie lê in die outbox maar gaan nie uit nie. Ek kan ook nie kopieer nie.
Ek is 'n groot voorstander van voorbereiding. Baie ouens dink dit is nie nodig nie en eintlik so bietjie paranoïes.
Ek het vriende wat in Amerika woon wat my al lankal hul mooi verhaal vertel het. Hulle het mekaar in hoërskool dae ontmoet. Hy 15, sy 13. Hulle het onmiddellik geweet hulle gaan eendag saam wees en het dadelik begin goed bymekaarmaak.
Na skool het hy gaan opleiding kry as ambagsman en hulle is getroud. Hierna het 'n jaar of wat vir 'n maatskappy gaan werk vir ondervinding en toe besluit hy om sy eie besigheid te begin. Hulle het toe al begin kos bymekaarmaak, ingemaakte kos, nie bederfbare produkte ensovoorts.
Hul rede? As iets sou verkeerd loop dat hy vir 'n periode dalk nie kan werk nie moet hul steeds so normaal moontlik kan aanhou. Toe hy so jaar of drie gelede aftree op 45 het hulle 2 stoor eenhede vol kos en ander produkte bymekaar. Genoeg kos om hul gesin gemaklik vir 2 jaar te kan voorsien.
Geen vrees vir politieke onstabiliteit, aanvalle of so nie, net 'n nugter besluit dat hulle onafhanklik wil wees as hy iets sou oorkom, hartaanval, ongeluk of so iets.
Vandag woon hulle op 'n hoewe, is heeltemal onafhanklik van krag en water verskaffers en is besig om 'n tweede lewe na hul werkslewe te bou.
Kinders is uit die huis en hulle twee leef lekker. Hul kinders is besig om presies dieselfde pad te stap.
Daarom is voorbereiding vir my baie belangrik. Wees reg vir wat ookal mag kom..
Dawie Conradie
082 930 9905
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za
Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍
🙏
12