Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
February 21, 2025 at 04:28 AM
Vrydag 21 Februarie 2025 Môre Ek hoop en vertrou hierdie een gaan vanmôre reg uit. Die laaste paar dae se reën en bewolkte weer het my net weereens gewys dat ons nie net op sonkrag kan staatmaak nie. Maak geen fout nie dit is erg gerieflik maar sommige van my kliënte wat jare gelede al hul alarms en selfs kamera sisteme oorgeskakel het na solar toe het die laaste paar dae begin probleme kry. Ek is baie dankbaar dat ons met elke installasie die opsie om met net krag te kan herlaai, gehou het. Dit was in meeste gevalle hierdie week doodeenvoudig net 'n skakelaar wat moes aangeskakel word en in een geval 'n prop wat weer ingedruk moes word. Hier en daar het ouens wat intussen vol solar gegaan het bietjie klei getrap maar dit was oor die algemeen 'n relatief pynlose ervaring. Wat my wel bietjie ongelukkig gemaak het was om te sien hoe min van my kliënte wel moeite gedoen het om die stelsels te onderhou en ook uit te brei. Mens se veiligheid is belangrik en dit is ook baie belangrik om tred te hou met die nuwe tegnologie asook tendense in die misdaad sowel as veiligheids bedrywe. Ek het reeds in die verlede genoem dat misdaad baie verander het. Misdaad is deesdae baie meer dinamies en selfs, by gebrek aan 'n beter woord, blasé. Die ouens stap in asof dit hul plek is en vat doodeenvoudig wat hul wil hê. Vergete is die dae waar 'n inbreker sommer weghardloop as hy gekonfronteer word. Deesdae sien ons al meer ouens wat of hiper arrogant raak en met die eienaar wil baklei, of die teenpool, wat doodluiters omdraai en net wegstap. Weghardloop trek blykbaar te veel aandag. So wat wil ek vandag vir jou sê? Eenvoudig, hou tred met die tye. Doen ten minste elke jaar 'n veiligheids assessering en maak seker alles is op datum. Veral met kommunikasie tussen jou alarms en die beheerkamer sien ek ouens wat te lank wag voor hul opgradeer. Wees bedag op nuwe verwikkelinge en pas aan Laastens, geld kan nie 'n lewe vervang nie maar dit kan wel help om 'n lewe te spaar. Geseënde naweek vir almal Dawie Conradie 082 930 9905 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍 🙏 📍 9

Comments