Landelike Veiligheid
February 24, 2025 at 04:44 AM
Maandag 24 Februarie 2025
Môre
Ons praat gereeld oor vroeë waarskuwing stelsels, kommunikasie, voorbereiding, gemeenskaps betrokkenheid en nog baie ander goed maar ons gesels baie min, te min eintlik, oor geestelike weerbaarheid.
Ek het grootgeword in 'n tyd toe mens Sondae kerk toe gegaan het, sondag skool toe en gaan katkiseer het. Toe jy aangeneem en voorgestel is en dit 'n prestasie was. Ek het ongelukkig ook grootgeword in 'n tyd toe kerke begin krake wys het. Toe beleide met omtrent elke ringsitting verander het, eers in een rigting en dan in die ander.
Ek is nie 'n opgeleide teoloog nie maar my Bybel beskryf sekere goed wat in Sy oë verkeerd is. Vandag is daar vir al wat 'n geestelike afwyking is, 'n naam en een of ander vorm van medikasie of behandeling.
Die antichris het ons kerke kom teiken, ons geestelike leiers gekorrupteer, ons morele waardes kom ondermyn.
Ons moet baie vinnig en drasties ons geestelike weerbaarheid opknap. Ons moet terugkeer na ses dae moet jy arbei en al jou werk doen, die aangesig van ons Skepper meer gereeld opsoek en ons kinders beter geestelik toerus.
Dit is belangrik dat ons manne weer die drie ampte van priester, profeet en koning in ons huise moet opneem, ons kinders moet leer van reg en verkeerd.
Ons moet ons leiers kies op grond van hul geestelike oortuigings en nie op grond van hul beloftes nie. Dis tyd vir 'n Suid Afrikaanse terugdraai na God.
Dawie Conradie
082 930 9905
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za
Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
🙏
❤️
👍
20