Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
February 25, 2025 at 04:23 AM
Dinsdag 25 Februarie 2025 Môre Hoe gereeld laat diens jy jou motor? Wat van jou alarm stelsel? Hekmotor? Elektriese heining? Hoe gereeld maak jy jou vuurwapen skoon? Hoe gereeld gaan jy hierdie gereedskap na, om seker te maak alles funksioneer soos dit moet? Wag jy totdat die alarm dadelik doodgaan wanneer beurtkrag begin, of het jy 'n vaste skedule om dit te laat diens, nuwe battery in te sit ens. Ek vra weer, wat van jou wapen? Ek het eens op 'n tyd 'n omie geken wat sy six-shooter dag en nag aan sy sy gehad het. Hy't my self vertel die ding gaan saam met hom badkamer toe. Eendag wil hy my iets op die wapen wys en vind toe tot sy eie ontsteltenis uit, die ding is so lanklaas gebruik dat dit vas geroes het. Ek ken manne wat eenmaal per jaar skietbaan toe gaan net om so bietjie die gevoel weer te kry. Natuurlik is dit te min maar dis beter as om die wapen te laat roes. My punt is, sorg dat jou veiligheids gereedskap goed onderhou word, gereeld nagegaan word en gereeld instand gehou word. Jy wil nie 00:10 in die nag uitvind jou wapen is leeg nie, of erger jou wapen vuur nie want die sneller het afgeroes nie. Jy wil nie uitvind jou elektriese heining is af wanneer iemand reeds in jou huis is nie. Wees wakker en voorbereid. Dawie Conradie 082 930 9905 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍 🙏 📍 10

Comments