Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
February 26, 2025 at 04:48 AM
Woensdag 26 Februarie 2025 Môre Hoe ingelig is jy? Dra jy bv kennis van misdade in jou omgewing? Weet jy waar die meeste misdade plaasvind of selfs wat die jongste misdaad neigings is? Teen die tyd weet ons almal dat die effektiefste teenvoeter vir aanvalle en misdaad om jou huis, vroeë waarskuwing stelsels is. Dit is 'n bewese feit dat vroeë kennis van moontlike gevaar jou die voordeel gee en dat effektiewe optrede al menige aanvaller in sy spore gestuit het. Maar wat van die volgende ring in die ui? Net buite jou grense, binne jou woonbuurt, gemeenskap ens? Dis hier waar inligting 'n reuse rol speel. Hoe meer inligting jy tot jou beskikking het, hoe beter. Effektiewe buurtwag strukture maak staat op inligting, hulle weet bv waar die misdaad brandpunte is, watter tipe misdaad gepleeg word en het in baie gevalle inligting oor wie die misdadigers is en waar hulle hulself bevind. So bou hierdie ouens sake, deur inligting te versamel, goed soos foto's, video materiaal, vingerafdrukke ens. Sodra mens al die punte vasgeknoop het is dit dan heelwat makliker om die stouter te arresteer en lank toe te sluit. Dit is dan een van die redes hoekom jy by jou plaaslike buurtwag moet aansluit. Dit gaan nie net oor patrollie ry of vergadering hou nie maar oor 'n strategie om jou huis, buurt en gemeenskap veilig te hou. Dawie Conradie 082 930 9905 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍 5

Comments