
Landelike Veiligheid
February 27, 2025 at 04:43 AM
Donderdag 27 Februarie 2025
Môre
Wanneer mens berigte oor plaas aanvalle lees is daar 'n deurlopende tema wat mens in elke geval sien, die aanvallers het die slagoffer verras.
Hoeveel keer lees mens dat die slagoffers in hul kamer/ bed verras is of hulle het net klaar geëet toe x aantal mans verskyn of hulle was besig om TV te kyk ens? Ek wil sovêr gaan om te sê dat geen aanval suksesvol kan wees sonder die verrassingselement nie.
Maar wat gebeur in gevalle waar die slagoffer voorbereid was op die aanval? Hoeveel keer het jy al gelees of gehoor dat die oomblik toe die persoon begin terugskiet, het die aanvallers op die vlug geslaan? Slegs 'n klein hoeveelheid aanvalle is die aanvallers onverskrokke en baklei hul dan terug.
Dit maak dus sin om jouself in 'n posisie te sit waar jy kan gereed maak vir 'n aanval. Al kan jy net 'n paar sekondes wen sodat jy 'n paniek knoppie kan druk, of 'n radio boodskap kan uitstuur, vuurwapen in die hande kan kry en jouself staal teen dit wat kom. Dan vriend is jou kans op oorlewing baie baie groter as die ou wat in sy bed wakker word met 'n koue loop teen sy kop.
Dit is hier waar goeie veiligheids gewoontes 'n kritieke rol speel, dissipline om deure altyd gesluit te hou, om altyd bewus te wees van wat om jou aangaan, om altyd alarms en heinings in stand en geaktiveer te hou.
Goeie veiligheid en dissipline is soos 'n valskerm. As dit nie in plek is die dag wat jy dit nodig het nie, is die kanse goed dat jy dit nie weer gaan nodig hê nie.
Dawie Conradie
082 930 9905
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za
Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍
🙏
7