
Landelike Veiligheid
February 28, 2025 at 04:39 AM
Vrydag 28 Februarie 2025
Môre
Tyd, tyd is kosbaar maar ons kry dit gratis, ons kan dit nie opgaar of bêre nie, en ons weet ook nooit hoeveel tyd ons oor het nie, tog gebruik baie min van ons, ons tyd wys.
Jy besef eers die waarde van 'n sekonde wanneer daardie sekonde die verskil tussen lewe en dood is. As jy 5 sekondes voor 'n aanval kan weet jy gaan aangeval word, wat doen jy in daardie 5 sekondes? Normaalweg sal mens voorberei, panic knoppie druk, vuurwapen gryp of so iets. Maar hoeveel van ons het goed in plek wat vir ons 5 sekondes kan koop?
'n Gewone veiligheidsdeur, wat goed geïnstalleer is en wat gesluit is, koop tyd. Dieselfde geld vir stewige diefwering, en enige ander fisiese grens wat jy tussen jou en 'n aanvaller plaas.
Ek skryf hierdie goed so gereeld, se dit vir so baie mense en steeds vind dit nie ingang nie. Jy kan 'n verskil maak, jy kan iemand wat jou wil aanval se planne in die wiele ry. Jy het nie gesofistikeerde toerusting nodig nie. Jou beste teenvoeter teen misdaad is om daagliks teen maatreëls in plek te sit. Sluit jou goed toe, moenie alles wat jy het adverteer nie. Moenie elke Jan Rap en sy maat toelaat in jou binnekring nie.
Moenie jou sake voor bediendes en ander werkers bespreek nie. Moenie jou sleutels, afstandbeheer knoppies en ander toegangsbeheer maatreëls laat rondlê nie. Sorg dat jy te alle tye volle beheer het oor wie binne jou perseel kan inkom. Moet bv nie sleutels vir bediendes of tuinwerkers gee sodat hulle kan inkom nie.
Dit maak regtig nie saak hoeveel jy enigiemand vertrou nie. Daar is tans hofsake aan die gang waar kinders hul eie ouers vermoor het. Mens kan dus nie eens jou eie kinders vertrou nie, hoeveel te meer sal jy dit met 'n vreemdeling doen?
Dawie Conradie
082 930 9905
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za
Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍
🙏
👌
12