
RSG
May 21, 2025 at 12:07 PM
LUISTER HIER! 🎧
Toe hy op parool vrygelaat is, het hy nog 'n week in die tronk gebly, bang vir die buitewêreld, waarvan hy byna 20 jaar lank nie deel was nie.
"Ek het net helder kleure gedra. Ek het aan boomstamme gevat, net om te voel hoe dit voel. Om jouself te vergewe is ontságlik moeilik. Ek sukkel nou nog om in 'n spieël te kyk," vertel Stefaans Coetzee.
🫴🏽 Stefaans was deel van die Wit Wolwe en die sekte, Israel visie, wat geglo het wit mense is die uitverkore volk. Hy was deel van 'n groep wat op Oukersdag in 1996, bomme geplant het by die Shoprite in Worcester. Stefaans het in die tronk tot bekering gekom en is deesdae een van Afrikaans se produktiefste skrywers. Sy radiodrama word eersdaags op RSG uitgesaai.
📻 Stefaans het Land en sand met Pieter Steyn gesels en sy merkwaardige, roerende verhaal vertel.
Luister hier: https://omny.fm/shows/op-en-wakker/land-en-sand-stefaans-coetzee
❤️
👍
9