RSG
May 22, 2025 at 10:48 AM
’n Tsoenami. ’n Stem uit die stilte.🌊
🌊 Op 11 Maart 2011 verander Angelique Naudé se wêreld onherroeplik toe ’n tsoenami die kus van Japan tref. Sy, ’n jong Suid-Afrikaanse onderwyseres, beleef die ramp eerstehands. Haar rou, egte vertellings is deur die joernalis Schalk Schoombie verwerk in ’n bekroonde jeugdrama, nou herskep as ’n kragtige radiodrama.
🎭 Onder regie van Leon van Nierop, met akteurs soos Donna-Lee Roberts, Rolanda Marais en Melt Sieberhagen, vertel My Japan die verhaal van ’n natuurramp deur die oë van die mense wat dit oorleef het en die prys wat hulle betaal het.
Lees meer hier: https://www.rsgplus.org/luister-donderdagaand-na-my-japan/
🎧 Skakel vanaand in vir die radiodrama My Japan om 20:00.
❤️
😢
🙏
16