
Landelike Veiligheid
May 22, 2025 at 04:26 AM
Donderdag 22 Mei 2025
Môre
Veiligheid is 'n leefwyse. Net soos 'n dieet, wat nie gepaardgaan met 'n leefstyl verandering, veel beteken nie, net so is 'n veilige lewe nie iets wat jy kry deur 'n paar grense om jou huis op te stel nie. Dit word 'n leefstyl.
Waarskuwing! Jou vriende en familie gaan jou dalk brandmerk as paranoïes, bang en nog so paar ander lelike woorde, maar onthou die ou spreekwoord sê mos "liewer bang Jan as dooie Jan"
Leer om jou deure te sluit, altyd! Wanneer jy in en uitgaan, elke keer. Een keer se glip kan eenkeer te veel wees. Al loop jy net uit na die asblik om die hoek, sluit daardie deur. Te veel mense het al seergekry na hul "net gou" uitgegaan het.
Gebruik die gereedskap tot jou beskikking en wees slim oor wat jy aanskaf. Wat by jou boetie, buurman of die alarm verkoopsman werk, gaan nie noodwendig vir jou werk nie.
Werk met dit wat vir jou gemaklik is. Die heel nuutste raakskerm alarm sleutelbord met die mees intuïtieve koppelvlak gaan jou niks help as jy, soos ek, meer aanklank vind met die ou skakelaar en sleutel stelsel nie. Werk met wat vir jou werk, al is dit oudmodies, dit werk vir jou.
Pasop ook om nie te veel staat te maak op verkoops mense en installasie tegnici se aanbevelings nie. Ja luister na hulle maar behou jou reg tot besluit. Ek het werklik al katastrofes gesien wat geen praktiese sin maak behalwe dat dit vir iemand 'n goeie wins gegee het nie. Doen navorsing, inligting is deesdae aan jou vingerpunte met soekenjins, en die internet as geheel. Vra rond, praat met bure en vriende, sien hoe gereedskap vir jou werk. Ja gereedskap want alarms, heinings en ander toerusting wat jy gebruik om veilig te bly, is gereedskap.
Jy spandeer nie duisende aan die beste gereedskap net om dit in die kaste laat lê nie, so ook nie jou veiligheidstoerusting nie.
Dawie Conradie
082 930 9905
https://t.me/veiligheid101
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Rapporteer asseblief plaasaanvalle aanlyn by www.plaasaanval.co.za
Rapporteer asseblief veediefstalle aanlyn by www.veediefstal.co.za
👍
9