
Landelike Veiligheid
May 26, 2025 at 04:19 AM
Maandag 26 Mei 2025
Môre
Wanneer jy 'n opgeroep met jou selfoon maak gaan die sein van daardie oproep nie direk van jou foon na die ander een nie. Die sein gaan normaalweg van jou foon na die naaste selfoon toring waar jou foon deur middel van 'n radiosein gekoppel is. Van daar gaan dit na 'n skakel sentrum of sentrale waar die oproep deurgeskakel word na die party wat jy skakel en dan via die netwerk na die selfoon toring waaraan daardie persoon gekoppel is en uiteindelik na die persoon se foon.
As enige gedeelte van hierdie lang ketting onderbreek word, kan jou oproep doodeenvoudig nie deurgeskakel word nie. Dieselfde geld vir data dienste. Dit gaan ook eers van jou foon na die toestel of toring waaraan dit gekoppel is, dan via die data netwerk na die internet sentrale (ja dit bestaan, in Suid Afrika is dit SAIX) weer deur die netwerk en uiteindelik na die ander toestel. Weereens, as die ketting iewers onderbreek is, kan die boodskap nie deurgaan nie.
Dink nou daaraan dat misdadigers gereeld selfoon torings teiken en dan die batterye verwyder, kabels beskadig of in sommige gevalle selfs torings so beskadig dat dit omval, dan is dit logies dat jou selfoon nie 'n betroubare vorm van kommunikasie is nie, al dink ons almal dat dit wel is.
Dink nou hieraan, as jy in jou huis aangeval word, en jy moet bv jou buurman skakel om hulp te ontbied. Hoe lank neem dit om 'n oproep te maak? As alles werk en jy dadelik kan skakel kan dit seker 'n minuut of meer neem vandat jy begin skakel tot hy antwoord. Kom ons reken op een minuut, dit is een minuut waarin jy 'n wegkom strategie kon implimenteer maar ook waarin jou buurman kon begin reageer.
Veronderstel jy kan 'n knoppie druk en doodeenvoudig sê help, dit is (jou naam) ek word aangeval, en daardie boodskap word onmiddelik deur 5 van jou naaste bure gehoor. Sou dit 'n beter impak hê as een buurman wat jy eers 'n minuut lank moet sukkel om in die hande te kry. Jou radio boodskap gaan 5 sekondes lank wees en baie meer effektief.
Ja, 'n radio is duur, ja dit is ongerieflik met die toerusting in jou huis maar dink aan die voordele. Vinnige effektiewe kommunikasie waaroor jy self beheer het, nie 'n selfoon maatskappy nie.
Jou radio kan direk met die buurman s'n kommunikeer, sonder torings, sentrales en ander netwerke.
Ons gaan die week bietjie oor radio's gesels en ek hoop teen Vrydag gaan jy genoeg weet om 'n ingeligte besluit te neem.
Dawie Conradie
082 930 9905
https://t.me/veiligheid101
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Word 'n lid van AfriForum
bit.ly/3SP5NJA
👍
🙏
👌
9