Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
May 27, 2025 at 04:08 AM
Dinsdag 27 Mei 2025 Môre Ons gesels bietjie oor radio's en die voordele daarvan. Soos ons gister gesien het, kan selfoon oproepe 'n lang tyd neem om deur te gaan, en dan loop mens nog die risiko dat die persoon wat jy skakel dalk nie eens gaan antwoord nie of nie beskikbaar is nie. Radio netwerke, daarenteen, stel 'n groep mense in staat om vinnig en maklik met mekaar te kommunikeer en belangriker nog, jou radio stel jou in staat om veelvuldige reaksie lede gelyk te kan verwittig van 'n probleem by jou. Een noodroep kan dus gelyktydig by verskeie punte gehoor word. Afhangend van hoe die radionetwerk opgestel is, is dit baie moeiliker om die stelsel te saboteer. Uiteraard is die radio netwerk baie kleiner as ons nasionale selfoon netwerk. Dus is die fisiese plek waar die netwerk aangeval kan word baie meer beperk as met selfone. So jou radio is eerstens baie meer betroubaar, dit is ook makliker om te onderhou. Jy't byvoorbeeld noue kontak met tegniese mense wat jou radio terwyl tegniese dienste by selfoon maatskappye gewoonlik baie ontoeganklik is en gesigloos voorkom. Beheer oor die netwerk is maklik. Die groep is baie meer intiem, radio groeplede neem verantwoordelikheid vir mekaar se welstand. Radio gee 'n groter mate van persoonlike kontak as bv 'n selfoon of sosiale media. Radio is doodeenvoudig net beter maar daar is ook ander alternatiewe! Ons gesels môre weer. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Word 'n lid van AfriForum bit.ly/3SP5NJA
👍 📍 4

Comments