
Landelike Veiligheid
May 28, 2025 at 04:14 AM
Woensdag 28 Mei 2025
Môre
Watter radio moet ek gebruik? Een wat werk, wat met my plaaslike netwerk ingeskakel is en ook een wat wettig is.
Skakel by jou plaaslike netwerk in, en belangrik, sorg dat jou radio in goeie werkende toestand is.
Passop vir goedkoop, tweedehandse analoog radio's. Ons sukkel deesdae om onderdele daarvoor te kry. Selfs batterye raak nou 'n probleem.
Die nuwe digitale radiotjies is duurder maar die lewensverwagting is ook langer. Belê liefs in die nuwer tipe radio's.
Wees aktief in die netwerk. Goeie radiogroepe het gereelde radio toets sessies. Skakel in en laat hoor jou stem. Luister na die ouens wat in rapporteer, leer ken hul stemme en roepseine/ name. Dis belangrik om te weet wie is wie want in 'n noodsituasie is dit soms moeilik om belangrike inligting te onthou. Ken dus jou bure op die groep.
Maak reëlings onder mekaar vir bv duress situasies, as iemand bv antwoord "ek hoor julle 10/10" i.p.v 5/5 is dit 'n kode om te sê "help"
Woon die radiogroep se vergaderings by, belangrike inligting word gedeel en dit is ook belangrik om op hoogte te bly. Mens kan nie alles op whatsapp groepe of op die radio kanaal sê nie.
Dawie Conradie
082 930 9905
https://t.me/veiligheid101
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Word 'n lid van AfriForum
https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911
👍
📍
8