Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
May 29, 2025 at 04:02 AM
Donderdag 29 Mei 2025 Môre Ek wil vanmôre 'n bietjie wegstap van die radio gedeelte af maar steeds oor alternatiewe kommunikasie gesels. Ek was so jar of drie gelede by 'n goeie vriend wat bo en behalwe sy radio ook 'n ander metode gehad het om bure en ander in kennis te stel van moontlike probleme. Hy en 'n paar vriende, almal binne so ongeveer 1 km van mekaar, het elkeen 'n 6m paal met kragtige sirenes bo op by hul huise aangebring. Saam met die sirene is ook 'n lig wat hul van binne die huis kan aanskakel. Sou iets skeefloop sit hul beide die sirene en lig aan. Dit gee 'n aardige geraas af maar ook 'n visuele indikasie van waar die probleem is. Die hele opset het destyds ongeveer R 800,00 per huishouding gekos, maar het baie effektief gewerk vir hulle. Die geluid van daardie sirene alleen sou verseker enige potensiële misdadiger twee keer laat dink het. Let wel, hierdie stelsel is slegs aangeskakel in geval van nood so vals alarms was vir alle praktiese doeleindes uitgeskakel. Almal het saamgewerk en het mekaar ondersteun. Hierdie was destyds vir my 'n uitstekende voorbeeld van hoe 'n klein groepie mense kon saamwerk tot hul eie voordeel. Dit was 'n goedkoper en steeds betroubare alternatief. Die stelsel was aan't uitbrei toe my vriend oorlede is en ek kontak met hul groep verloor het. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911
👍 🙏 8

Comments