
Landelike Veiligheid
May 30, 2025 at 04:18 AM
Vrydag 30 Mei 2025
Goeiemôre
Ek wil vanmôre afsluit met 'n waarskuwing. Volgens die padverkeerswet 32 van 1996 is dit teen die wet om 'n motorvoertuig te bestuur terwyl die bestuurder 'n kommunikasie toestel in sy/ hand het. Hierdie omskrywing is redelik wyd en sluit onder andere tweerigting radio toerusting in.
Die wet maak egter voorsiening daarvoor dat jy wel 'n toestel wat 'n permanente installasie in die voertuig is, mag gebruik. (Sien die gedeelte van die wet heel aan die einde van vandag se boodskap)
Ek is nie 'n regskenner nie maar mens kan seker verstaan dat iemand wat met 'n handradio in sy hand 'n voertuig bestuur dieselfde gevare loop om in 'n botsing betrokke te raak as iemand wat bv met 'n selfoon in die hand sou bestuur.
Wees dus versigtig om nie gevang te word deur hierdie effens obskure stukkie wetgewing nie. Tweedens moet mens ook die OKOSA "type approval" artikel 35 van die kommunikasie wet in gedagte hou. Hiervolgens is daar sekere standaarde waaraan radio toerusting moet voldoen. Radio apparaat moet aan 'n deeglike stel toetse onderwerp word waarna 'n sertifikaat uitgereik word tov die toerusting en die geskiktheid daarvan vir gebruik deur die publiek. (Vind meer hier uit https://www.icasa.org.za/pages/type-approval)
Wees dus wakker oor watter toerusting jy aankoop en gebruik. Die regsaspekte van tweerigtingradio kommunikasie kan soms vaag wees en jou maklik laat kleitrap. Koppel hieraan die ou storie van onkunde van die wet wat nie 'n verskoning is nie en dit kan baie gou in 'n tameletjie verander.
Ek wens elkeen 'n geseënde en vredevolle naweek.
Dawie Conradie
082 930 9905
https://t.me/veiligheid101
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Word 'n lid van AfriForum
bit.ly/3SP5NJA
=================
The National Road Traffic Act no. 32 of 1996 deals with the prohibition of use of a communication device while driving.
Section 1(a) of Regulation 308A states that: “No person shall drive a vehicle on a public road, while holding a cellular or mobile telephone or any other communication device in one or both hands or with any part of their body.”
Section 1(b) further states that: “No person shall drive a vehicle on a public road, while using or operating a cellular or mobile telephone or other communication device unless such cellular or mobile telephone or communicative device is affixed to the vehicle or is part of the fixture in the vehicle and remains so affixed while being used or operated, or is especially adapted or designed to be affixed to the person of the driver as headgear, and is so used to enable such driver to use or operate such telephone or communication device without holding it in a manner contemplated in paragraph (a) and remains so affixed while being used or operated.
end/.
👍
5