
Landelike Veiligheid
June 4, 2025 at 04:03 AM
4 Junie 2025
Môre
Sal jy alles in jou vermoë doen om jou man/vrou/ kind uit die kloue van 'n vreemdeling te red? Natuurlik! Dit is tog logies, en dit is waarop misdadigers staatmaak.
Het jy al opgelet hoeveel mense deesdae ontvoer word? Dink jy dit is toevallig? Nee, dit is nog 'n teken hoe misdaad in ons land aan't verander is. Misdaad sindikate het reeds netwerke in plek om mense vinnig en effektief uit die land te smokkel. Dit is georganiseerde misdaad.
Is dit moontlik vir 'n individue om georganiseerde misdaad aan te pak? Beswaarlik. Jou huis en gesin se veiligheid moet nou reeds in plek wees. Om die waarheid te sê, julle moet reeds ingeskakel wees by jul plaaslike buurt of plaaswag.
Georganiseerde misdaad is bloot misdadigers wat met mekaar hande vat en saamwerk. Deur daardie ketting van die punt af te breek, die voetsoldate uit jou area te hou, het ons die mag om uiteindelik die hele netwerk te vernietig.
Hierdie gaan oor die volgende jaar of twee baie meer prominent word. Begin nou al om sindikate te beveg in jou area.
Dawie Conradie
082 930 9905
https://t.me/veiligheid101
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou
https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R
Word 'n lid van AfriForum
https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911
👍
💯
🙏
7