Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
June 5, 2025 at 04:12 AM
Donderdag 5 Junie 2025 Goeiemôre Wat maak jy as 'n groep mense jou eiendom beset? Vir 'n enkel persoon is dit 'n moeilike storie. Jy moet die polisie betrokke kry, ook jou regspan, en dit alles binne 'n relatief kort periode. As ek dit nou reg het, sê die wet dat as iemand eers 'n bewoonbare struktuur opgerig het, m.a.w dak en mure, dan moet die grondeienaar die regsroete volg, dan gaan ons hof en hoogeregshof toe. Honderde duisende rande verder kry jy hopelik 'n uitsettingsbevel vir die groepie, maar as 'n ander groepie môre die selfde stukkie grond kom beset, begin die hele storie van voor af. Maar as 'n gemeenskap 'n plan of strategie agtermekaar het vir so gebeurlikheid kan een ou bv die polisie kontak terwyl 'n volgende reeds die nodige logistieke hulp aktiveer terwyl nog iemand ander stappe kan neem. Wat ek dus sê is dat 'n groep mense wat 'n plan in plek het, 'n beter kans op vinniger sukses het as een ou wat alleen werk. Dit is dus belangrik vir elkeen van ons om in te skakel by 'n groter gemeenskaps groep en vir hierdie groepe om planne in plek te sit vir sulke gebeurtenisse. Ons mag lê in ons getalle. Met die onteieningswet wat deur die president bekragtig is, maak dit die kanse baie goed vir groepies radikale om grondgrype te doen. Hierdie optrede bedreig jou en jou gesin se veiligheid. Wat gaan jy doen as 'n groep jou grond beset en jy maande deem om deur die regstelsel die ouens te laat verwyder. Onthou dat solank as wat die reg sy loop neem, bly die ouens op jou grond en gaan hulle heel moontlik vermeerder. Julle tuiste, en ander eiendom gaan die teiken word van vandale en diewe, wat jou skade so erg kan laat eskaleer, dat jy uiteindelik jou grond sal moet prysgee ter wille van oorlewing. Raak dus nou al betrokke by jou plaaslike buurtwag. Maak seker dat hul planne in plek het of in plek sit en indien nie, neem leiding. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911
👍 3

Comments