
Landelike Veiligheid
June 9, 2025 at 04:23 AM
Maandag 9 Junie 2025
Môre
Ons het al voorheen gepraat oor die nodigheid van nood planne. Baie van ons het reeds op skoolvlak daarmee te doen gekry. Dit is belangrik om binne jou huis 'n plan of planne in plek te hê in geval van nood, bv 'n brand?
Wat is elkeen se plig? Wie moet die brandblussers, tuinslang of ander gereedskap hanteer? Wie maak seker almal is veilig en uit die huis? Hier is die belangrik om ook jou kinders te betrek.
Dit is ook nodig om hierdie noodplan gereeld in te oefen. Dit help veel jy't die perfekte noodplan uitgewerk maar dit lê iewers en stof vergaar. Hierdie planne is dinamies, moet gereeld ingeoefen en aangepas word waar die nodigheid daarvoor ontstaan.
Noodplanne kring ook weier uit, dit sluit nabygeleë bure in want 'n brand kan versprei tussen huise en aangrensende eiendomme.
Jou plan moet ook inskakel by gemeenskappe se planne ens. Daar moet harmonie wees tussen dit wat jy binne jou huis doen en dit wat deur gemeenskapslede by jou plek gedoen word. Skakel in en werk saam.
Noodplanne is ook nie beperk tot goed soos brande nie. Aanvalle of selfs pogings tot aanvalle kan effektief afgeweer word deur 'n goed vooraf opgestelde plan. Dink maar aan die verrassing wat 'n voornemende aanvaller kry wanneer hy 'n deur oopbreek en homself vasloop in 3 of 4 tienerseuns met krieketkolwe? Of hy kom van aangesig tot aangesig met 'n beneukte boer' met sy dubbelloop haelgeweer. Hy sal volgende keer tweekeer dink.
Vroeë waarskuwing, effektiewe planne en meer effektiewe optrede is die sleutel tot sukses.
Dawie Conradie
082 930 9905
https://t.me/veiligheid101
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou
https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R
Word 'n lid van AfriForum
https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911
👍
❤️
9