
Landelike Veiligheid
June 10, 2025 at 04:10 AM
Dinsdag 10 Junie 2025
Môre
Sukses! Ek ontvang gister 'n oproep van een van ons Whatsapp kanaal lede wat my 'n baie mooi pluimpie gee. Die oom is nou 74 en sy vroutjie 72. Hulle het die afgelope paar maande 2 baie noue ontkomings gehad. Ek plaas dié volgende inligting met die oom se toestemming.
Op Vrydag 04 April/ Saterdag 5 April vanjaar omstreeks 02:00 die oggend gaan hul huisalarm af. Een van die nuwe sensors wat hy slegs een week vantevore laat aanbring het, het beweging opgetel.
Dit het die vrydagaand gereën en hul krag is af. Hul rugsteun batterye werk 100% reg vir die eerste keer.
By nadere ondersoek, die oggend na ligdag, sien hy op die CCTV materiaal 4 manne wat op pad was na sy voordeur. Die vroeë waarskuwing stelsel het heel moontlik daardie oggend reeds 'n tragedie voorkom.
Tweede insident, verlede Vrydag, 6 Junie/ Saterdag 7 Junie, omstreeks 02:20 die oggend gaan sy elektriese heining se alarm af. Na die vorige insident in April het hy die heining laat herstel. Die alarmpie maak net in sy kamer geraas, "nie groot storie buite nie"
Hy reageer dadelik, sien weer 4 manne op die CCTV, die keer roep hy hulp in op die radio en daarna laat loop hy met 2 skote bokhael deur die venster. Die manne verlaat die perseel te voet teen baie hoe spoed.
Weereens het die batterye, wat intussen weer opgegradeer is, al die noodsaaklike stelsels laat aanhou werk. Die krag het omstreeks 22:00 Vrydagaand afgegaan. Hul kragkabels is afgesteel by die ESKOM transformator. Dit het hy eers Saterdag oggend gesien na die buurtwag kom bystand verleen het.
Interesante observasies:
Beide geleenthede was sy tuinman en inslaap bediende (man en vrou) nie daar nie.
Beide geleenthede is voorafgegaan deur voordeur sleutels wat vir 1 dag soek was
Op beide geleenthede is daar op die plaaslike buurtwag die vorige aand berig van 'n vreemde voertuig in die area.
Die krag was op al twee kere af eenkeer weens sabotasie, een keer weens swaar weer en wind.
Die tuinman en bediende het nie geweet die heining is herstel nie.
Die tuinman was gisteroggend, Maandag, sigbaar geskok toe die oom die deur vir hom oopmaak.
Toeval, seker. Het die raad, om vroeë waarskuwing stelsels te hê, gehelp? Verseker. Die oom is vas oortuig daar is 'n plan om hul aan te val. Hy is ook vasberade om die ouens volgende keer te vang.
Die oom sê die inligting wat hy op hierdie kanaal ontvang het, was die een faktor wat gemaak het dat hy effektiewe vroeë waarskuwing laat installeer het. Hy sê ook dat hy tot gister oggend nog sy tuinman en die se vrou ten volle vertrou het, maar dat hul reaksie toe hy die deur oopmaak hom nou baie laat twyfel, soveel so dat hulle nou op lang verlof geplaas is.
Laaste opmerking, hul buurtwag is nou 3 maande aan die gang. Die buurtwag het gereageer op die oom se oproep op die radio sisteem. Die buurtwag is ook 'n uitvloeisel van inligting wat hier geplaas is.
Ek is baie dankbaar dat die aanvallers se planne gefaal het.
Dawie Conradie
082 930 9905
https://t.me/veiligheid101
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou
https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R
Word 'n lid van AfriForum
https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911
🙏
👍
👌
👏
19