Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
June 11, 2025 at 04:22 AM
Woensdag 11 Junie 2025 Goeiemôre Gister se boodskap het nogal baie reaksie gelok, dankie aan almal. Ek moes ook weer gaan sit en dink en verstaan dat die basiese goed, die belangrikste is. 1. Pas jou sleutels en afstandbeheer knoppies op. 2. Jy kan nie maklik iemand vertrou nie. 3. Wees gereed met vroeë waarskuwing en reageer op dit. 4. Wees deel van 'n groter groep soos 'n buurtwag, en dit is nogal baie belangrik Wanneer ons ouer word, word dit moeiliker om sekere goed vir onsself te doen. Dit word nodig vir ons om staat te maak op hulp van buite om selfs net aan te trek. Ons kinders is nie altyd naby nie en ja dinge raak moeilik. Baie van ons ou mense is dan aangewese op diegene wat byderhand is, huisbediendes en in baie gevalle tuinwerkers. Die ongeluk is dat hierdie ouens nie altyd die prentjie soos ons sien nie en dus die situasie wil misbruik tot hul eie voordeel. Ons sal ernstig moet kyk na planne om ons ouer mense te beskerm deur jonges op die plase te laat woon. Ek besef dat jongmense wil uitgaan en kuier ens maar baie van ons jongmense kry nie behoorlike werk nie en so plaas werk leer mens darem ook oorlewing vaardigheid. Die anderkant van die storie is ook dat as meer jongmense platteland toe verhuis sal daar ook meer sosiale interaksie wees met andere wat soos hulle dink. Wat veiligheid aan betref, ons kan verseker planne maak om deur instansies soos AfriForum ons jonges te laat oplei in persoonlike weerbaarheid en meer gevorderde tegnieke. Ek hoop regtig hierdie suksesverhaal inspireer ook ander om aktief te raak. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911
👍 ❤️ 13

Comments