Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
June 12, 2025 at 04:07 AM
Donderdag 12 Junie 2025 Môre Veiligheids tegnologie beweeg tans baie vinnig vorentoe. Die vervaardigers skep deurlopend nuwe, meer gevorderde produkte wat al meer funksies en ander tierlantyntjies het. Die probleem is dat hoewel hierdie goed alles baie mooi is en goed werk is baie min van hierdie ongelooflike funksies op die meerderheid gevalle van toepassing. Baie van ons mense benodig 'n basiese stelsel wat nog met eenvoudige tegnologie werk en meer betroubaar is. Van my eie kliënte het baie ou alarm stelsels waar die zones letterlik nog met fisiese skakelaars aan en af geskakel kan word. Geen sleutelbordjies (keypads) of ander slim tegnologie nie. Dié alarms word nog in baie gevalle met 'n sleutel aan en afgeskakel. Dit is ook nie omdat die mense nie beter of meer modern kan bekostig nie, inteendeel. Dit gaan bloot daaroor dat dit bekend en maklik is om te verstaan. Vervaardigers verloor baiemaal die gemiddelde gebruiker se behoeftes en voorkeure uit die oog. Ek het al vantevore baie gesê dat jy gemaklik moet wees met die toerusting wat vir jou werk. Jy behoort ook vertroud te wees met die werking daarvan, en waar moontlik darem bietjie basiese foutopsporing kan doen. Ek het al verskeie kere kliënte besoek om bv net 'n kragprop aan te skakel. Dit nadat die klient onnodig 'n tydperk sonder die hulp van die toerusting moes deurbring. Kyk na die gebruikers vriendelikheid van toerusting, gemak waarmee jy dit kan gebruik en die funksies wat jy benodig voordat jy koop. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911
👍 🙏 7

Comments