
Landelike Veiligheid
June 13, 2025 at 04:27 AM
Vrydag 13 Junie 2025
Môre
Ek kyk vanmôre na wêreld gebeure en ek kan nie anders as om te sien hoe Lukas 21:5, en verskeie ander tekste, besig is om in ons eie tyd af te speel nie.
Ons sê al lankal vir mekaar dat veiligheid by jou huis begin, jy en jou gesin moet 'n veilige leefstyl aanleer en handhaaf, maar ek wil vanmôre vir jou sê veiligheid begin nog verder en dieper as by jou gesin.
Ons veiligheid begin in ons binnekamer, agter 'n toe deur, daar waar jy op jou knieë besig is om met jou Skepper te praat, by jou persoonlike verhoudings met Hom, wat beheer het oor hemel en aarde, oor elke haar op jou kop. Daar begin jou veiligheid, en van daar kring dit uit na jou gesin, geliefdes, om jou tafel waar julle veronderstel is om te sit en Hom as gesin aan te roep. Daar begin veiligheid, daar kweek ons 'n verhouding tussen gesinne en God. Eers wanneer jou verhouding met Hom in plek kom, raak jou veiligheids prentjie volledig.
Begin by die werklike begin, by jou Skepper, werk dan van daar met Sy leiding, om die regte besluite aangaande jou veiligheid te neem.
Vertrou op Hom om jou en jou gesin, jou buurt en jou mense te lei. Dan sal jul pogings tot suksesse lei, sal julle geseën word met vrede en voorspoed.
Dawie Conradie
082 930 9905
https://t.me/veiligheid101
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou
https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R
Word 'n lid van AfriForum
https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911
🙏
❤️
👍
❤
💯
🙌
15