Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
June 16, 2025 at 03:29 AM
Maandag 16 Junie 2025 Môre Mens moet altyd probeer om een of meer stappe voor die booswig te bly in terme van jou veiligheid. By die onlangse beraad is daar genoem dat 80% van ons veiligheid strategie berus op reaktiewe maatreëls terwyl slegs 20% staatmaak op pro aktiewe planne. Ons moet streef daarna om die formule om te keer, na 80% pro en 20% reaktief. Dit klink eenvoudig maar in werklikheid is dit 'n redelike omwenteling vir meeste van ons mense om pro aktief op te tree. Maar wat is pro aktiewe optrede? Wel dit kom weereens terug na ons leefstyl. Jy moet leer om veilig te leef. Jy moet leer om soos 'n misdadiger te dink. Om krake in jou eie mondering te sien en aan te spreek. Jy moet bv kan kyk na jou grense en kan sien waar die grootste potensiaal is vir iemand om binne te kom. Dan moet jy teen strategieë in plek plaas om daardie swakheid te versterk. Jy moet ook konsekwent herstel en verbeter. As jou drade geknip word, maak dit onmiddellik reg. Moenie dae en weke wag nie. Hoe gouer jy dit herstel, hoe minder werk is dit in die lang duur. As jy eers los dat daar 'n paar plekke is wat herstel moet word, dan word dit al makliker om dit te ignoreer. Maar as jy daagliks jou lyndrade patroleer, daagliks om jou plek stap en seker maak alles is in orde, en dit wat wel verkeerd mag wees herstel, stuur jy ook die boodskap aan die booswig dat jy pro-aktief is en optree. Dit is 'n afskrikmiddel, dit laat daai inbreker, betreder, terroris twee keer dink. As jy in die straat afloop en probeer kyk waar jy gaan inbreek, gaan jy by die ou breek met die netjiese grensmuur, elektriese heining en sekuriteitsligte of die ou waar die hek oopstaan, sy kinders se fietse die wêreld vol lê en sy nuwe Hilux se sleutels in die stuur slot steek? Dink maar bietjie daaroor na. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911
👍 💯 🔒 9

Comments