Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
June 17, 2025 at 04:01 AM
Dinsdag 17 Junie 2025 Môre Ons gesels bietjie oor proaktiewe optrede. As jy kyk na jou plek, is jy die ou met die netjiese heining, of die ou met die sleutel in jou motor se stuur slot? Wie wil jy wees? Die ou wat misdadigers binne nooi of die ou wat hulle met jou optrede en ingesteldheid verjaag? Selfs al het jy net 'n 5 lyn doringdraad heining om jou plek maar dit is netjies sonder stukkende plekke, stuur jy reeds 'n boodskap uit. Al is daardie heining op 100 plekke gelas en gelap, solank dit netjies en in plek is, stuur jy daardie boodskap. Die ou wat sy heinings laat verval, en uiteindelik laat tot niet gaan skep 'n probleem. Misdadigers sien dit en buit dit uit. Dink bietjie hieraan, as jy vanmôre by jou deur uitstap en daar staan 10 plakkers hutte op jou voorste grasperk, watse verweer het jy as jy nie duidelike grense het wat jou plek definieer nie? Selfs die hof gaan moeilik kan besluit as daardie plakker sê hy't nie geweet dis jou plek nie want daar is nie 'n heining of skeidslyn nie. Misdadigers werk so, hulle sny eers die draad op een plek, as jy nie regmaak nie, nog 'n plek, later steel hul 'n stuk heining en dan nog en nog tot niks meer oor is nie. As jy nie regmaak nie, gaan hy die grense aanhou druk en skuif tot jy uiteindelik moet toegee. Wees slim, moenie dat dit gebeur nie. Herstel, of dit nou jou heining is of jou voordeur se sleutels, maak reg, maak plan. Hou in stand. Dis hier waar goeie rentmeesterskap inkom. Jy moet in beheer wees van dit wat aan jou gegee is. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911
👍 👆 💯 🔒 7

Comments