
Landelike Veiligheid
June 18, 2025 at 03:48 AM
Woensdag 18 Junie 2025
Môre
As jy by jou deur uitloop en hier is 'n ou besig om jou buurman se voordeur oop te breek, is jy die ou wat alarm maak en hom verjaag, of is jy die ou wat hom 'n Coke of bier aanbied omdat jy sien hy sweet al soos hy sukkel om daai deur af te breek?
Is jy 'n goeie, oplettende buurman, of is jy deel van die probleem?
Goeie buurmanskap is nogal belangrik in die stryd teen misdaad. Die goeie buurman sal optree, die misdadiger verjaag en sy buurman se belange beskerm. Jy sal tog verwag dat jou buurman dieselfde vir jou sal doen?
Ons leef in 'n era waar bure baie min interaksie met mekaar het. Dit kan seker toegeskryf word aan twee goed, die besige lewe wat ons deesdae het met man en vrou wat beide werk. Dan is daar ook die invloed wat sosiale media en media in die algemeen op ons het. Ons is konstant besig op die internet, voor die TV ens.
Dis belangrik om nie voeling met die werklikheid om ons te verloor nie. Misdaad neem steeds toe terwyl ons tick tok, YouTube en Instagram. Ons moet met mekaar, in persoon, gesels, hande vat met bure en goeie buurmanskap bevorder. Bure is onskatbare waarde in ons stryd teen misdaad. Om die waarheid te sê, indien bure goed saamwerk, mekaar ondersteun en saam planne maak, word die misdadiger se taak baie bemoeilik.
So dink ernstig daaraan om opnuut jou bure te leer ken, saam te werk en saam planne te maak.
Onthou bure maak uiteindelik 'n gemeenskap, en slegs 'n gemeenskap, kan 'n gemeenskap beskerm.
Dawie Conradie
082 930 9905
https://t.me/veiligheid101
Sluit aan by die Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou
https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R
Word 'n lid van AfriForum
https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911
👍
📍
🙏
11